English
|
|
Tim Hart
The value of using rapid rural appraisal techniques to
generate and record indigenous knowledge: the case of indigenous vegetable
in Uganda.
Gedurende die afgelope dekades is verhoogde aandag
geskenk aan die idee van volhoubare ontwikkeling en spesifiek aan
volhoubare landboupraktyke. Studies gedurende die sewentigs, tagtigs
en negentigs wys daarop dat verskeie hulpbronbeperkte boere lae eksterne
inset, volhoubare praktyke be-oefen het na aanleiding van hulle hulpbronbeperkte
status. Nieteenstaande hierdie boere se stand van sake het hulle nietemin
standhoudende praktyke ontwikkel wat hulle in staat gestel het om
selfs die moeilikste omstandighede te oorleef. Daar was geglo dat
deur van hulle plaaslike praktyke en die daarmee saamgaande kennis,
bekend as Inheemse Tegniese Kennis onder konvensionele wetenskaplikes,
te begryp, dit landbou-ontwikkelingswerkers kan voorsien van ‘n
beter begrip rakende, hoe om standhoudende landbou-ontwikkeling te
bereik. Hierdie bewustheid sal die optimale en volhoubare gebruik
van plaaslike lewens- en huishoudingsbronne verseker. As gevolg van
hierdie belangstelling is ‘n hele aantal komplimenterende navorsingsmetodes
ontwikkel om inheemse kennis in te win en op te teken. Verskeie van
hierdie metodes val binne die deelnemende navorsings-paradigma van
die Geesteswetenskappe. Deur gebruik te maak van een van die vroeëre
aanvullende metodes, Rapid Rural Appraisal (RRA), lê die waarde
van RRA daarin dat dit ‘n metode is om inheemse kennis in te
samel rakende die plaaslike verbouïng en gebruik van inheemse
groentes in ‘n wyk in Uganda. Die basiese RRA tegnieke word
omskryf asook die posisie van RRA binne die deelnemende navorsings
paradigma en dan word daar aangedui dat die metode heel moontlik ‘n
lae-middelposisie het wanneer dit geplaas word in terme van ‘n
kontinuüm van deelname. In hierdie studie het die metode dit
moontlik gemaak om inligting in te win wat verband hou met die konteks
waarbinne landbou be-oefen is in die wyk; spesifiek wat produksie
en die gebruik van plante, bekend as inheemse groentes, aanbetref.
Terselfdertyd het die tegnieke ‘n breër begrip daargestel
van inheemse kennis rakende die produksie, daarmee saamgaande praktyke
en plaaslike menings, sowel as die gebruik van inheemse groentes in
die wyk. Hierdie inligting het ingesluit die tegniese en sosio-kulturele
inligting en aangedui dat inheemse kennis nie net oor tegniese kennis
handel nie. In die pas afgelope jare het die debat ontstaan rakende
die waarde, gebruik en misbruik van inheemse kennis. Die debat het
die vermoë van die verskeie deelnemende komplimentêre metodes
om akkuraat hierdie kennis in te win en op te skryf, bevraagteken.
Een van die hoof bekommernisse is dat die meeste van hierdie metodes,
soos die verbonde aan kwalitatiewe en kwantitatiewe paradigmas, daarna
neig om inherent bevooroordeeld te wees wat hulle van hul waarde laat
verminder. ‘n Refleksie op die gebruik van RRA in die Uganda-studie
wys daarop dat dit onderhewig was aan ‘n aantal kontekstuele
beperkings naamlik: die aanname en hantering van inheemse kennis as
‘n inventaris van kennis wat netjies omgeskakel kan word in
wetenskaplike katagorisering; onbewustheid van die mags-onewewigtigheid
interaksies waarbinne kennis ingewin word; die gevolge van plaaslike
magstryde op die insameling van kennis; die effek wat die teenwoordigheid
van navorsers tydens die proses van kennis insameling het op die resultaatgewende
kennis, die relevansie van tyd, tydsberekening en plek waar kennis
ingewin word; en die effek wat plaaslike sosiale verskille, soos geslag,
ouderdom, rykdom, klas, ens. het op wie toegang het tot watter soort
van kennis. Meer onlangs ontwikkelde en verfynde metodes soos Participatory
Rural Appraisal (PRA) en Participtory Technology Development (PTD)
sluit van die tegnieke en strategieë in wat sommige van hierdie
beperkings oorkom. Maar sommige van hierdie metodes is gereëld
onderworpe aan soortgelyke beperkings, gegewe die konteks waarbinne
dit gebruik word. In die finale analise is die gebruik van die RRA
metode in Uganda beskou as ‘n bruikbare tegniek vir die insameling
van kontekstuele data en inheemse kennis, gegewe die omstandighede
waarbinne dit gebruik is. Hierdie omstandighede sluit in, finansiele
beperkings, ‘n gebrek aan vaardigheid met die komplimentêre
metodes binne die navorsingspan, onvoldoende tyd en ander bronne.
Hierdie hindernisse is algemeen in verskeie landbouontwikkelingskontekste.
Gebasseer op die resultate van die studie word aanbeveel dat waar
omstandighede hul daartoe leen, deelnemende metodes soos PRA en PTD,
gebruik moet word. Maar gebruikers moet daarvan bewus bly dat hierdie
metodes kan ly aan kontekstuele tekortkomings indien hulle nie met
sorg gebruik word en daar nie gereeld oor die gebruik daarvan gereflekteer
word nie. Ten spyte van ‘n aantal tekortkomminge het die gebruik
van die RRA metode aangewys dat dit ‘n toespaslike metode binne
‘n sekere konteks is. Dit het ook aangewys dat inheemse kennis
uiters belangrik is vir landbouontwikkeling, maar dat sorg gedra moet
word rakende hoe dit ingewin, verstaan, opgeskryf en daarna gebruik
word. Die data wat ingewin is deur middel van die RRA metode het voorlopige
refleksies moontlik gemaak rakende die huidige begrip van inheemse
kennis. Hierdie was refleksies op die volgende: dit is ‘n stelsel
van kennis, dit ontstaan in en is eksklusief aan ‘n spesifieke
gebied, dit het die vermoë om kennis in te sluit wat in ander
gebiede ontwikkel is, en dit is diep ingeweef in die konteks waarbinne
dit ontwikkel is. Ten slotte ‘n hele aantal moontlike areas
vir toekomstige navorsing rakende inheemse kennis en deelnemende metodes
is geidentifiseer wat ons in staat sal stel om ‘n beter begrip
te ontwikkel van die waarde van deelnemende metodes en die belangrikheid
van inheemse kennis.
Terug
na bo
|
|