English
  • Algemene inligting

    Tembile is tans besig met 'n PhD aan die Universiteit van Twente, Sentrum vir die Studies van

 
Tembile Kulati
The implementation of socio-economic right in South Africa - a meta-analysis

Sosio-ekonomiese regte is die onderwerp van vele debatte in Suid-Afrika en elders. Aanvanklik was daar nie erkenning gegee aan die status van hierdie regte nie. Hierdie situasie het die afgelope tyd begin verander. Die tendens is egter steeds om dit te sien as regte slegs op papier en daar word nie 'n poging aangewend vir die realisering van hierdie regte nie.

Ek ondersoek in hierdie tesis die kwessie van wat 'n mensereg, korrek so genoem, is en ook of, in die lig van hierdie ondersoek, daar 'n basis is vir die huiwering om sosio-ekonomiese regte te aanvaar.

Suid-Afrika is uniek in die sin dat die konstitusie erkenning gee aan sosio-ekonomiese regte en die Waarheid-en Versoeningskommissie opdrag gegee het om die implementering daarvan te monitor. Daar is egter weereens die risiko dat die erkenning van sosio-ekonomiese regte slegs gesien word as 'n konstitusionele aangeleentheid en dat niks of baie min gedoen word rakende die praktiese implementering daarvan.

Terug na bo

Ek stel daarom ook ondersoek in na die wyse waarop die Menseregtekommissie die implementering van hierdie regte moniteer. Die ondersoek na die monitering van die Menseregtekommissie is hoofsaaklik metodologies van aard; dus of die metodes wat gebruik is, deur die Menseregtekommissie, betroubare inligting verskaf.

Ek ondersoek ook of die regering se begrotingallokasies 'n ernstige ingesteldheid jeens hierdie regte toon. Die begrotingsaspekte wat ondersoek word hou verband met die sewe kernregte soos vervat in die konstitusie naamlik behuising, gesondheidsorg, voedsel, water, sosiale sekuriteit, opvoeding en omgewingsregte.

Terug na bo

 

© SENWET
Alle Regte Voorbehou