English

 
Vera Dittmar
“The appreciation and understanding of value diversity”: an evaluation of a value diversity intervention at the University of Stellenbosch

Suid Afrika het `n merkwaardige transformasie vanaf `n openlik rassistiese tot `n tolerante en demokratiese nasie ondergaan. Voorheen het die wetlike skeiding tussen subgroepe aparte ontwikkeling en, vir verskeie rassegroepe, minimale kontak met individue in verskillende rassegroepe beteken. Die transformasieproses in Suid-Afrika het hierdie omstandighede verander en in die huidige Suid-Afrikaanse samelewing is die proses waardeur mense van verskillende agtergronde nuwe patrone van kommunikasie en interaksie moet ontwikkel, merkbaar.

Die transformasieproses kan ook in die studentekultuur van Stellenbosch gesien word. Die eerste doel van die tesis was om ondersoek in te stel na hoe individuele studente hulle sosiale en akademiese omgewing ervaar. Aangesien studenteverhoudinge nie altyd tot die Universiteit se norm van wedersydse respek vir menslike diversiteit konformeer nie, het die Universiteit gevoel dat daar `n behoefte is om `n intervensie te fasiliteer om waardering vir menslike diversiteit skep. Die tweede doel van die tesis was om die proses van die intervensie te evalueer deur te fokus op die konteks van die program, die programaktiwiteite en die programteorie. Verder is die indrukke van die deelnemers aan die werkswinkel ook bestudeer.

Die teoretiese beginsels onderliggend aan die waardering van diversiteit is bespreek ten einde die navorsingsdoelwitte te konseptualiseer. Dit is verwesenlik deur `n “doelgerigte” literatuurstudie oor die sosiale sielkunde en sosiologie van stereotipering en verwante prosesse wat gesien word as struikelblokke in die evaluering van diversiteit.

Terug na bo

Die intervensie vir die waardering van diversiteit is in Augustus 2001 deur die Universiteit van Stellenbosch geimplimenteer. Die intervensie het as doel gehad om studente `n verhoogde gewaarwording van die diversiteit van die studenteliggaam te bied en ook om interaksie tussen die verskeie studente-subgroepe te bevorder. Die intervensie is ontwerp as `n werkswinkel vir 50 studente van verskillende agtergronde wat van Universiteitsbehuising gebruik maak.

Die tesis verduidelik hoe die navorsingsdoelwitte korrespondeer met die evalueringstipes wat gebruik is, nl. die evaluasie van waargenome behoeftes en die evaluasie van die proses. Die navorsingsvrae is duidelik gestel en die wetenskaplike metodes vir dataversameling en data-analise word gespesifiseer. Verder word die aspek van die geldigheid en kwaliteit van die data ook bespreek.

Die evaluering van waargenome behoeftes het gewys dat individuele studente die studentepopulasie sien as verdeel in `n minderheidsgroep (‘bruin’ en ‘swart’) en `n meerderheidsgroep (‘wit’). Alhoewel lidmaatskap tot `n betrokke groep nie intergroepverhoudings affekteer nie (bv. individuele vriendskappe), het dit tog implikasies vir die sosiale atmosfeer op kampus wat deur `n tekort aan intergroepkontak en dominasie deur die meerderheidsgroep gekarakteriseer kan word. Vervolgens interpreteer minderheidsgroepe die sosiale atmosfeer meer negatief as lede van die meerderheidsgroep. Dit kan dan ook as die rede aangevoer word waarom lede van minderheidsgroepe `n waargenome behoefte het om intergroepinteraksie te bevorder.

Die persepsies van die respondente wat `n onderhoud toegestaan het, het aangedui dat `n intervensie vir die waardering van diversiteit voordelig sal wees en dit het ooreengestem met die siening van die Departement van Studentesake, wat die intervensie gereël het.

Terug na bo

Die evalusie van die intervensie beklemtoon albei die negatiewe en positiewe aspekte. Eerstens, het die intervensie intervensie-ontwerp, nie die promosie van die intervensie self behels nie, wat noodsaaklik sou gewees het om student geinteresseerd te maak in die diversiteit van die onderwerp en om die studente te motiveer om mee te doen. Tweedens, het die intervensie nie die spesifieke uitdagings soos deur die studente van die Universiteit van Stellnbosch ondervind is, aangespreek nie. Studente het hulle bekommernis uitgespreek oor die toepassing van die informasie in hulle daaglikse lewe. Derdens het die werkswinkel hoofsaaklik gefokus op stereotipes. Nogtans was die effekte van die stereotipes nie deeglik bespreek nie. Boonop was daar te groot aantal stereotipes gelys, maar dit was bevooroordeeld as gevolg van die gebrek van deelnemer van diverse groepe. Daar was ook geen werkswinkel tegnieke van toepassing wat die aangebode lyste van die bevooroordeelde stereotipes bevraagteken het nie. Naas die tegniese oorwegings, moet daar gelet word dat stereotipes in die algemeen die verdeling tussen subgroepe in stand hou van stereotipes in die algemeen. Dus het die werkswinkel tot ‘n groot mate gefokus op huidige en vorige aspekte wat die studente verdeel het in plaas daarvan om te fokus op sake van ooreenstemming.

Gegrond op hierdie navorsing, kan aanbevelings gemaak word. Eerstens moet daar klem gelê word op die bevordering van die verskeie behoeftes en waardes van die intervensie en die potensiaal waarby deelnemers kan baat. Tweedens, kan dit waardevol wees om verskille tussen studente te erken maar groter klem te lê op eendersheid, d.i. aspekte wat die studente tot mekaar verbind. Derdens moet die leerplan van die intervensie gewysig word om in die behoeftes van die student te voorsien. Vierdens, moet daar ‘n balans gehandhaaf word tussen die lesings en interaktiewe elemente. Daar moet ‘n moontlikheid bestaan vir deelnemers om ‘n aktiewe rol in die intervensie te speel indien hulle dit verlang. Ten slotte word aanbeveel dat toekomstige intervensie gebaseer word op begrypende en volgehoue strategie met lang termyn doelwitte. Die bogenoemde strategie moet in die alreeds bestaande infrastruktuur verweef word.

Hierdie intervensie kan beskou word as ‘n bydrae tot die transformasie proses wat Suid-Afrika huidiglik ondergaan. Gebaseer op die onlangse gesprek by die Universiteit van Stellenbosch oor die aanneming van’n omvattende diversiteitstrategie, word daar gehoop dat die enkelvoudige intervensie kan inskakel by verdere bydraes in die transformasie proses.

Terug na bo

 

© SENWET
Alle Regte Voorbehou