![]() |
![]() |
||||
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() | |||||
|
Yandiswa Mpetsheni Langa community needs assessment study Betroubare en geldige metodes vir die bestudering van gemeenskapbehoeftes is 'n essensiële hulpmiddel wat kan bydra tot die ontwikkeling van gemeenskappe. Hierdie studie identifiseer verskillende maniere om gemeenskapbehoeftes te evalueer en gebruik twee van die metodes vir die beoordeling van die Langa gemeenskap se behoeftes. Daar is bevind dat 'n suksesvolle behoefte-evaluering die sleutel is tot die identifisering van een of meer metodes wat geskik is vir die evaluering van wat toepaslik is vir die areas van belang, die doelwitte en hulpbronne. Die suksesvolle implementering daarvan is ook uiters belangrik. Queeney (1995) voer aan dat 'n tegniek gekies moet word, om 'n akkurate beeld te verkry van die gemeenskap wat bestudeer word en terseldertyd moet koste-effektiewe hulpbronne gebruik word. Die studie bespreek daarom die behoefte-konsep sowel as tegnieke waarmee behoeftes geëvalueer kan word. Verskeie gevallestudies waarin verskillende behoeftebepalingstegnieke gebruik is, word ook bespreek. Na voltooiing van die gevallestudies is twee behoeftebepalingstegnieke deur die outeur geïdentifiseer en gebruik in die Langa studie. Langa is gekies vir die gevallestudie as gevolg van die diverse sosio-ekonomiese struktuur van die gemeenskap. Die tipe behuising wat deur die persoon bewoon word, dien as aanduiding van die sosio-ekonomiese agtergrond van die persoon. Die verskillende behuisingstipes in Langa sluit krothuise, hostelle, gemeenskaphuise en privaat huise in. Die sleutelinformant- en ondersoekmetodes is in die Langa area vir hierdie studie gebruik. Die sleutelinformant benadering is vir gemeenskapleiers gebruik. Die ondersoekbenadering is gebruik deur 'n steekproef te doen op wooneenhede in die area. Die rede vir die gebruik van twee metodes is om 'n meer volledige beeld van die gemeenskapbehoeftes in die area te verkry. Sleutelinformant benadering Ondersoekbenadering Persone in krotwonings het nie toegang tot basiese dienste nie. Nietemin, was behuising hulle eerste prioritiet. Behuising was ook die eerste prioriteitbehoefte vir inwoners van oorvol trekarbeider hostelle. Vir respondente wat in gemeenskapbehuising woon was werksgeleenthede die grootste behoefte. Bewoners van private huise het genoem dat behuising vir krotbewoners hul prioritietbehoefte is. Die nabyheid van krotbewoners aan private behuising het bewoners van private huise bewus gemaak van die omstandighede waarin krotbewoners leef. Aanbevelings Prioriteitsbehoeftes wat deur sleutelinformante en respondente van die ondersoek geïdentifiseer is, moet dringend geadresseer word om die ontwikkeling van die Langa gemeenskap te verseker.
|
||||
|
|||||
![]() |
© SENWET
|