Hoër en Volwassene Onderwys



Ander Belangegroepe  


Visie

Die Belangegroep streef na die bevordering van akademiese uitnemendheid binne die interdissplinêre terreine van hoër en volwassene onderwys met in agneming van die konteks van kurrikulumstudie as ondersoekgebied. Hierdie visie word gevoed deur die volgende waardes:
• Relevansie
• Gehalte
• Akademiese integriteit
• Integrasie en
• Volhoubaarheid


Missie

Die Belangegroep wil deur

• navorsing, studieleiding aan studente en diens aan die onderwysgemeenskap
• bekendstelling van navorsingsresultate
• kollegiale interaksie en
• kritiese kommentaar

die werk van die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys, die Departement Kurrikulumstudie en die Fakulteit Opvoedkunde optimaal bevorder.

Rasionaal

Die bestaan van die werkgroep word geregverdig deur die feit dat beide die terreine van hoër en volwassene onderwys enersyds spesialisgebiede is, maar andersyds ten nouste verweef is aan die problematiek en uitdagings van die breëre onderwysgemeenskap. Hoewel die Belangegroep op uitdagings en relevante probleme van hoër en volwassene onderwys fokus, is hierdie fokus relatief wyd, aangesien beide terreine van studie en ondersoek inter- en multi-dissiplinêr van aard is. Dis egter vir ons belangrik om nie in isolasie van die breëre veld van onderwys te beplan en te werk nie aangesien daar raakpunte en gemeenskaplike ondersoekterreine is waarby beide kan baat. Dis ook belangrik dat die Belangegroep deurlopend sal besin oor navorsings- en ander prioriteite wat die werk van die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys en die Departement Kurrikulumstudie kan rig.

(Vir meer inligting oor die werk en programme gaan na die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys Webblad)

Terug na bo