BEd Honneurs (Taalonderrig)




Kom sluit aan by die BEd Hons (Taalonderrig) program

In 2009 het die Departement Kurrikulumstudie die Honneursprogram BEd (Hons) Spesialisasie in Taalonderrig vir die eerste keer aangebied. Vyf studente was dapper genoeg om die Afrikaans- en Engels-taaldosente aan te durf vir modules in Geletterdheidsremediëring, Geletterdheidsleierskap, Meertalige Onderrig, Kreatiewe Skryfonderrig sowel as gevorderde modules in Engels en Afrikaans Kurrikulumstudies.

Ons hoop om ons inname vir 2010 te vermeerder om sodoende taalonderrig in ons skole en daar buite te bevorder. Kontak asb prof C van der Walt (e-pos adres) of dr RR Nathanson (e-pos adres) vir meer inligting.

Ons Pioniers net voor hulle eerste eksamen. Vlnr is Marike Swart, Chantel Joubert, Nita Kidd, Jean le Roux en Phoebe Jordaan.

Terug na bo