Praktikum-eenheid

Die praktiese komponente van die opleiding van opvoedkundige sielkundiges, beraders en leerondersteuners geskied deur die Praktikum-eenheid en vind ter plaatse en in gemeenskappe plaas. Dienste wat gelewer word sluit in assessering, diagnose en intervensies in die velde van leer en ontwikkeling, ondersteuning van leer in skole en gemeenskappe, ondersteuning van ouers en onderwysers, asook die voorkoming van psigososiale uitdagings en die bevordering van psigososiale welsyn. Die Praktikum-eenheid is geakkrediteer by die Beroepsraad vir Sielkunde van die Raad vir Gesondheidsberoepe in SA (HPCSA) vir opleiding van intern-sielkundiges.

Dankie dat u ons webbladsy besoek het. Vir verdere inligting oor die Praktikum-eenheid, kontak die departement.

Vir navrae : Me P Liebenberg
Tel: +27 21 808 2229
Faks: +27 21 808 3932
E-pos: