Terug na Tuis

Telematiese Dienste Besprekingstelsel

Besprekings vir 2012

Fase 1

1 - 16 Augustus 2011
Die elektroniese besprekingstelsel vir 2012 besprekings is beskikbaar sodat Stellenbosch Universiteit personeellede hulle voorkeurtye vir 2012 besprekings kan aandui op die rooster.

Fase 2

17-30 Augustus 2011
Die elektroniese besprekingstelsel is gesluit vir alle besprekings sodat die rooster volgens die voorkeurbesprekingstye opgestel kan word. Indien daar enige oorvleuelings is, sal Me Suliman die betrokke persone kontak om alternatiewe tye/datums voor te stel.

Fase 3

1 September 2011 – 31 Julie 2012
Die elektroniese besprekingstelsel is beskikbaar vir enige verdere besprekings vir die tye wat nog beskikbaar is op die 2012 rooster. In hierdie tydperk word besprekings van buite-kliënte ook aanvaar.

Let wel:

• 'n Kansellasiefooi van 50% van die ateljeekoste sal gehef word indien 'n bespreking wat bevestig is gekanselleer word.
• Die elektroniese besprekingstelsel is slegs beskikbaar vir universiteitspersoneel. Eksterne kliënte moet Me Zainab Suliman (zsuliman@sun.ac.za of 021-8083880) kontak vir besprekings.
• As u op "Maak 'n bespreking" kliek gaan u gevra word vir 'n gebruikersnaam en wagwoord. Gebruik u Novell gebruikersnaam en wagwoord. Indien u enige probleme ondervind, kontak Me Zainab Suliman (zsuliman@sun.ac.za of 021-8083880).

Maak 'n bespreking Hoe om 'n bespreking te maak

Terug na bo