previous page

Inhoud -SJI 1996- Index

next page


tech-note

Bemin jou blikbrein

deur Andrew Collins

Rekenaars is 'n integrale deel van die nuusbedryf, maar word hulle effektief gebruik? SJI neem bestek op van die situasie by Suid-Afrikaanse koerante en vergelyk dit met hul Amerikaanse eweknieë.

In die Maart 1996-uitgawe van American Journalism Review skryf Rose Ciotta: "Computer assisted reporting (CAR) is no longer solely the domain of computer wizards working on long, time-consuming packages. It’s an important ingredient in daily beat reporting as well."

Die bekende skrywer en vryskutjoernalis Arthur Goldstuck sê hoewel die meeste Suid-Afrikaanse joernaliste deesdae toegang tot die Internet het, maak die meeste nie daarvan gebruik nie. Hy voel dis ironies dat "its practitioners are intimidated by the ultimate expression of information technology" in ’n bedryf wat op informasietegnologie staatmaak. Roland Stanbridge van Rhodes Universiteit sê Rekenaar Ondersteunde Beriggewing (ROB) "is growing, and will become important even here in South Africa."

Bruce Garrison van die Universiteit van Miami het in Maart vanjaar in Uplink geskryf dat die gebruik van intydse dienste wissel van bulletinborde bedryf deur die regering tot kommersiële dienste en die Internet. Dié universiteit se kommunikasieskool het ’n ROB navoringsprojek oor twee jaar gedoen. Die data is versamel uit meer as 200 dagblaaie in 1994 en 1995.

Volgens hierdie navorsing word intydse dienste op veel groter skaal aangewend deur groter dagblaaie (sirkulasie bo 52 800), waar meer as 90 persent intydse dienste gebruik vergeleke met slegs 40 persent by kleiner koerante.

Guy Berger, departementshoof van Joernalistiek by Rhodes Universiteit, het in Mei die World Editors’ Forum in Washington toegespreek oor "The Internet: A gold mine for editors and journalists." In dié toespraak, wat op die universiteit se webperseel beskikbaar is, maak hy ’n belangrike punt: "It may well emerge that - in media terms - journalistic research, rather than publishing, is the real beneficiary of the Internet."

Nie al die redakteurs en verslaggewers in hierdie land het al tot daardie insig gekom nie. Moegsien Williams, redakteur van die Cape Times, is uiters progressief in sy benadering tot joernalistiek, maar oor rekenaars herkou hy maar weer die "my seun weet meer as ek" - storie. Hy is nie alleen in hierdie opvatting nie. Toe top mediamense onlangs in die Mail & Gaurdian deur Jacquie Golding-Duffy gevra is of hulle die Internet gebruik, was die antwoord talkens "nee." Party, soos Jill Chisholm, beweer hulle "beoog dit."

Of ’n koerant intyds gepubliseer word, is irrelevant, volgens Berger. Dis belangriker om te besef hoe rekenaarondersteunde navorsing joernalistieke kwaliteit kan verbeter. Ciotta noem dat "Pullitzer winners in each of the last six years used computer techniques." Sy haal ook Brant Houston, besturende redakteur van die National Institute for Computer Assisted Reporting aan, wat die situasie in Amerika as volg beskryf. "CAR is really exploding. It’s growing exponentially. We’re over the hump of whether it belongs or doesn’t." Berger waarsku: "if you miss out [on the Internet revolution] you will find that others are enriching their editorial content in ways that are ever more threatening."

Chris Lapham se waarneming in die CMC Magazine van 1 Julie 1995 is belangrik. Sy merk op dat "in today’s more competitive information delivery environment, better research, better reporting, and better analysis are critical. Of the three, research is the priority." Lapham noem die News and Observer in Raleigh, Noord-Carolina as ’n goeie voorbeeld van ’n koerant " which develops its real muscle from its research prowess." Die koerant het ’n "21-person research department with a network of databases; staffers who write software to create research pathways to access databases; ...and three generations of hypertext software that enable writers to search their own notes."

Lapham sê hoewel party mense die verandering in massakommunikasie ’n "tegnologiese" of "inligtings- revolusie" noem, "we are actually experiencing a natural step in the evolutionary progression of communication from orality and literacy to computers." Die probleem wat koerante wêreldwyd konfronteer, is om hul ererol te definieer, soos Lapham dit stel.

Sy haal Michael Hooker, voormalige president van die Universiteit van Massachusetts, aan. Hy vra aan koerante: Are you an organisation that supplies newspapers or are you an organisation that supplies information? Remington and Underwood saw themselves as being in the typewriter business. IBM saw itself as being in the word-processing business. The rest is history." Andrew Morris van Independent Online in Kaapstad voel sterk dat koerante inligting moet verskaf. Hy glo ’n intydse diens is bloot nog ’n metode om inligting te versprei, en nie ’n bedreiging vir gedrukte media nie.

Inderwaarheid is die verskaffing van inligting nie genoeg vir koerante om in ’n hoogs kompeterende bedryf te oorleef nie. Lapham beskou die uiteindelike doel van die bedryf om inligting om te skakel in kennis. Sy haal Beth Agnew aan, wat verwys na die letterkundige en historiese wortels van joernalistiek as sy sê: "writers have always been society’s visionaries. We now have too much information to rationally deal with on a daily basis, and we need skilled professional help to turn that information into the currency of the next millennium - knowledge."

Hoewel tegnologie en die Internet koerante sal help om indringend na hul toekomstige rol te kyk, is daar geen definitiewe kitsoplossings nie. Lapham glo "Each newpaper must discover its niche and provide insightful and innovative content in a format its readers want. And that format may range from a hand-held tablet to a personalised newspaper created by an intelligent agent searching the Internet for customised news."

In hierdie stadium publiseer Independent Online sogenaamde "shovelware" - gedrukte kopie wat onverandered op Web-bladsye gereproduseer word. Morris se standpunt is dat die stories reeds geredigeer is vir publikasie, dat dit om spesifieke redes aangepas is, moontlik omdat teks swak, lasterlik of onakkuraat was, en dat die intydse personeel geen reg het om met geredigeerde werk in te meng nie. Hy sou egter graag wou sien dat joernaliste spesifiek vir die intydse uitgawe skryf, waarin hulle onderwerpe dek wat nie noodwendig vir lesers van die gedrukte kopie interessant is nie.

Dit is noodsaaklik om te begryp dat rekenaargebruik by joernaliste nie tot intydse joernalistiek beperk moet bly nie. Goldstuck merk op dat "those who are making use of [information technology] are finding it invaluable not only for research, but also for electronic interviews and for establishing and maintaining contact with journalists and information sources around the world." Hy sê joernaliste wat dit gebruik, het ’n besliste voordeel en, hoewel diegene wat dit ignoreer, agterraak, "they are certainly giving up a competitive edge without realising it is there."

Totdat redakteurs en die topbestuur van koerante ten volle besef watter voordele ROB en die Internet inhou, sal die gebruik daarvan waarskynkik tot verslaggewers in die voorste tegnologiese loopgrawe beperk bly. Miskien vat hierdie stelling van Goldstuck ’n deel van die probleem saam: "The key ingredients in promoting quality journalism are training and adequate salaries, and the media in this country has fallen far behind in both of those arenas."


previous page

[ Tuisblad ] [ Publikasies ] [ Inhoud / Index ] [ Publications ] [ Home Page ]

next page