previous page

Inhoud -SJI 1998- Index

next page


INSIG in IRNA

deur Marie-Louise Louw

Irna van Zyl

1979 Behaal BHons (Joernalistiek) cum laude (Universiteit van Stellenbosch)

1982 Wen die Stellenbosch Farmer's Winery-prys vir ondernemende joernalistiek vir haar dekking van die Laingsburg-vloedramp

1985 Word die eerste vroulike hoofsub van Die Burger

1988-1995 Aangestel as redakteur van De Kat. Onder haar redakteurskap wen De Kat talle Mondi en SPV-pryse.

Deesdae is Irna 'n direkteur by JINS Publishing, beter bekend as New Media Publishing. Sy is vanjaar as Insig se nuwe redakteur aangestel.

1988-1995 Aangestel as redakteur van De Kat. Onder haar redakteurskap wen De Kat talle Mondi en SPV-pryse.

Deesdae is Irna 'n direkteur by JINS Publishing, beter bekend as New Media Publishing. Sy is vanjaar as Insig se nuwe redakteur aangestel.

Wie of wat is die rede vir jou sukses?

Ek weet nie of mens kan praat van sukses nie. Jy moet jou werk doen en dit geniet. Ná sewe jaar as redakteur van De Kat het ek gevoel ek het dit gedoen en ek het dit onder die knie gekry en dit was wonderlik en lekker, maar ek wou dit nie vir n'g sewe jaar doen nie. Ek was 31 jaar oud toe ek redakteur van De Kat geword het en ek het baie min geweet. Ek het in daardie sewe jaar wat ek redakteur was van De Kat verskriklik baie geleer.

Hoe het julle De Kat gebring tot waar hy nou is?

De Kat was geposisioneer as 'n soort gesofistikeerde tydskrif ... maar hy was bietjie ontoeganklik en hy het 'n sekere snobistiese gevoel gehad. Die mense het gedink hulle sal nie die tydskrif verstaan nie. Dis hoe dit aangebied word wat verander het. Wat ons gedoen het, saam met ons advertensie-agentskap, was om te gaan kyk na aanbieding spesifiek. Ons het interessanter foto's gekry om die tydskrif visueel meer aantreklik te maak. In essensie is De Kat se posisionering nog dieselfde ... Ek dink op die oomblik is hy op 'n effens jonger mark gerig en visueel is hy baie meer uitdagend.

Wat is die belangrikste les wat jy by De Kat geleer het?

Jy kan al die regte dinge doen, maar as mense die verkeerde persepsie het, moet jy eers die persepsie verander. Persepsie kan verander word deur bemarking. By Insig glo ek ook dat die persepsie verander kan word deur visuele veranderinge. Insig se opgradering sal heeltemal anders wees as De Kat s'n, want dis 'n nuustydskrif.

Beplan jy om dieselfde pad by Insig te volg as wat jy by De Kat gevolg het?

Nee, ek dink nie dis dieselfde pad nie. Hulle moet dit herontwerp: Insig het 'n baie intellektuele ontwerp; die tydskrif is baie koud. Daar gaan meer foto's gebruik word en die voorblaaie gaan verander. Die tipe artikels sal nie verander nie, behalwe dat daar definitief 'n onderhoud sal wees met iemand wat in die nuus is. Insig is daar om menings uit te spreek, om debat te ontlok en mense te inspireer en te stimuleer, en jy gaan dit net doen as jy standpunt ook inneem. Ek wil nie hê Insig moet omstrede wees ter wille van omstredenheid nie.

Beplan jy om Insig 'n tipe Time/Newsweek-tydskrif te maak?

Nie heeltemal nie ... Insig sal nooit 'n Time of Newsweek kan wees nie, want dis 'n maandblad en Time en Newsweek is weekblaaie; so Insig sal altyd meer in diepte moet ingaan Ð die nuus agter die nuus, of perspektief op die nuus, kry. As dit wonderlik gaan, kan ons dalk besluit om 'n nuustydskrif te word en tweeweekliks te verskyn.

Dis seker moeilik om van 'n glanstydskrif na 'n meer politieke tydskrif te gaan. Gaan die oorgang baie anders wees?

Nee. Ek dink dat redakteurs sekerlik veronderstel is om aanpasbaar te wees. Maar ek dink dis onvermydelik dat 'n redakteur se persoonlikheid weerspieël word, en op 'n manier is Insig die meer natuurlike keuse as De Kat. Ek is nie 'n vreeslike glamorous persoon nie. Insig kom meer natuurlik. Ek voel meer gemaklik met politiek en meer ernstige onderwerpe.

Wat kan Suid-Afrika leer by oorsese tydskrifte?

Baie. Ek lees en kyk na ontsettend baie oorsese tydskrifte. Ek dink nie daar is 'n redakteur in die land wat daarsonder kan klaarkom nie. Dis vir my interessant om te sien dat daar oor die afgelope jaar drie nuwe vrouetydskrifte in Brittanje verskyn het. Dan wonder jy wat gebeur in die vrouetydskrif-mark oorsee en dit het klaarblyklik nog glad nie hier posgevat nie.

Dink jy New Journalism en die subjektiewe joernalistiek is baie sterk oorsee?

Nee. Wat New Journalism doen as stilistiese meganisme is om tegnieke te gebruik wat literêr werk, soos spanning, subjektiwiteit, karakterisering en dialoog en allerhande sulke goed. En ook die gebruik van goed soos teenwoordige tyd of historiese teenwoordige tyd. Dit vat jou leser baie meer na 'n 'nou'-situasie toe. Dis eintlik literêre tegnieke wat die New Journalism begin gebruik in joernalistiek en dit kom basies uit die begin-sewentigerjare uit.


previous page

[ Tuisblad ] [ Publikasies ] [ Inhoud / Index ] [ Publications ] [ Home Page ]

next page