Login   Home
Current Edition:
Sex & the Media

 
Akkers & Aiknas
ARTICLES
A sexual creature: Karin 'Loslyf' Eloff
Bladsy drie: Die bladsy wat saak maak
Die aktivis en die media
Die Media: Popmusiek se pimps?
Different shades of black
Doring in die vlees: Manlike verkragting
Dr Eve, seksopvoeding en die jeug: Skokterapie op sy beste
Gaum oor die kerk, media en seksualiteit
Gender en media-mag
Het Khwezi (regtig) daarvoor gesoek?
Hollywood klim uit die kas
Is jy man genoeg?
Men, say no to rape
Oor baba-olie en breakfastbars
Pop/pie Kultuur
Porno
Sex. food and the media: In search for the ultimate aphrodisiac
Sexiness in the media: Is it all good?
Sexy, saucy ads. Do they really sell?
Showers and Sarongs: JZ vs The Media
Struggling between self-censorship & sex
Taking tips from the past
The new smut
TV se fopdossiere
Vertel hr storie ook
Vertraag - die wet van verandering
Vrouwen door de ogen van MTV
Zapiro, Zuma and those cartoons

Gender en media-mag

Date: 1-Nov-2006
Author: Richard Roberts

Suid Afrika se Grondwet sorg vir gelyke regte, wat geslagsgelykheid insluit. Maar dit lyk of die media nog nie daarvan gehoor het nie.
 

Twaalf jaar n 'n "nuwe" Suid Afrika lyk dit of die media nog nie agtergekom het dat geslagsgelykheid 'n grondwetlike reg is, en dat dit in ons koerante en tydskrifte, oor die radio, TV en op die internet weerspiel moet word nie.

Wat s 'n deurwinterde joernalis hieroor? Heinrich Wyngaard, politieke redakteur vir Rapport, lewer vanuit die persgalery in die parlement verslag en is ook aanbieder van fn aktualiteitsprogram, Wat's die Storie?, op kykNET.

Ek het ook Zubeida Jaffer, skrywer van Our Generation en voormalige parlementre redakteur vir die Independent Newspaper-groep genader.

As politieke joernalis Heinrich se antwoord op die vraag of vroulike parlementslede genoeg erkenning vir hul stryd tydens apartheid en mediadekking ontvang het, 'n kort en kragtige "Nee". En dit word opgevolg deur "n lang lys redes.

Die Suid Afrikaanse media dek daagliks nuus oor politici. Tog is daar 'n verskil ten opsigte van geslag in die manier waarop hulle dit doen. Di verskil word ook deur die regering benvloed, omdat politieke partye sekere rolspelers bo ander verkies.

Wyngaard s daar word baie klem op die rol van mans geplaas en bitter min op di van vroue. "Ek praat nou hoofsaaklik van die ANC", s hy. Volgens hom is dit 'n party wat ook meer erkenning aan manlike vryheidsvegters gee as aan vroulike stryders.

Vroue het 'n groot rol in die land se geskiedenis gespeel en verdien gelyke erkenning daarvoor in die media. Die stryd teen apartheid is grotendeels deur mans gelei as gevolg van die manlik gedomineerde samelewing waarin ons woon. Hulle was die mense wat om dieselfde redes in die openbare oog was.

"As jy niks weet van die land nie, sal jy dink dis net mans wat aan die stryd teen apartheid deelgeneem het," s Wyngaard. Sou mens iets oor di geskiedenis weet, sou jy dink dat mans die leiersposisies beklee het, omdat hulle in die voorgrond verskyn het. Dus is dit vanselfsprekend dat party mense so sal dink, s hy.

Wanneer 'n mens aan die apartheidstryd dink, is die helde Nelson Mandela, en ander soos Govan Mbeki, Oliver Tambo, Chris Hani en Joe Slovo. Name wat volgens Wyngaard "outomaties" by mense opkom. Dit is gewoonlik eers wanneer jy meer navorsing oor 'n spesifieke onderwerp doen wanneer mens meer daaroor leer: vroue het net so hard gewerk tydens die vryheidstryd.

'n Mylpaal was byvoorbeeld die ontstaan van die Federation of South African Women (FSAW) in 1954. Di organisasie, wat grotendeels uit lede van die ANC se Vroueliga bestaan het, was toegewy aan die afskaffing van apartheid en "dompasse". Volgens 'n uitstalling in die Apartheidsmuseum in Johannesburg het di organisasie in 1956 met sowat 20 000 vroue na die Unie-gebou in Pretoria gemarsjeer in opstand teen die passtelsel. Diegene wat deel van daardie leierskap was, kry steeds nie vandag genoeg erkenning in die media nie.

Daar was egter ook 'n skadukant. Sommige vroue ht publisiteit gekry, party meer negatief as ander.

Volgens Wyngaard kan Winnie Madikizela-Mandela, voormalige vrou van die oud-president, se skuldigbevindinge aan bedrog nie onder die mat gevee word nie. Di bedrogsaak het onder meer bygedra om aan haar 'n slegte reputasie te gee en dra steeds by tot die negatiewe dekking wat sy vandag kry.

Helen Suzman, voormalige parlementeslid en anti-apartheidsaktivis, is ook een van die meer invloedryke vroue wat aan die stryd deelgeneem het. Volgens Wyngaard het sy haar stem gebruik om namens die stemloses te praat, iets waarin die huidige regering en ander politieke partye volgens hom faal. Tog, s hy, word Suzman se rol nie vandag deur die media erken nie.

"Dit is 'n skreiende skande dat sy vandag eintlik gegnoreer word," s hy. Die rede hiervoor is dat ANC-leiers vrees dat hulle in die proses ook erkenning aan die Demokratiese Alliansie (DA), die nakomeling van die Progressiewe Party waaraan Suzman behoort het, sal moet gee. Volgens hom is daar in die Apartheidsmuseum nie genoeg erkenning aan haar gegee nie.

"Dit is so dat wie ook al die mag het, die geskiedenis skryf," meen hy. Die "oorwinnaars" bepaal dus wie erkenning gaan kry. Ook in die media.

Wat is dan die rol van die media, en hoe kan erkenning gegee word aan vroue se bydrae, in die verlede en vandag? Die nie-regeringsorganisasie Gender Links, waarvan Thenjiwe Mtinso die voorsitter en Colleen Lowe Morna die uitvoerende direkteur is, het 'n studie onderneem waarin die rol van die media ten opsigte van geslag ondersoek is. Volgens di studie is daar fn liefde-haat-verhouding tussen politici en die media. Vir vroue is di verhouding egter nog meer kompleks.

Patricia Handley, media-dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), en joernalis tydens die 1980's, s daar bestaan geen twyfel dat die media vroue anders as mans behandel nie. Ook in die politiek word verskillend oor die twee groepe gerapporteer, s sy.

Die Media Moniteringsprojek wat in 2005 onderneem is, het bewys dat vroulike parlementslede meer streng deur die media veroordeel word as manlike parlementslede.

"Die verskil in di behandeling is 'n gevolg van seksisme in die media en seksistiese houdings, eerder as 'n doelbewuste vooroordeling deur die media teenoor ander partye," s Handley.

Volgens Wyngaard is daar egter nie so iets soos 'n doelbewuste poging by die media om vroue uit te sluit f te ignoreer nie. Wyngaard meen die feit dat besluitneming in nuuskantore hoofsaaklik deur mans gedoen word, is 'n belangrike oorsaak oor hoe oor vroue gerapporteer word.

'n Studie deur die Media Instituut van Suid-Afrika (MISA) en Gender Links, het getoon dat slegs 22% van joernaliste in die drukmedia vroue is. Dit is nog fn rede waarom vroue so min dekking kry.

In 'n onderhoud met Jaffer, s sy dat redakteurs slegs in nuus oor vroulike parlementslede genterreseerd is as dit bespotlik van aard is. Dus is nuus oor di persone taamlik beperk. Dis 'n bose kringloop: vroue word onderverteenwoordig, en maak dus minder nuus.

"As politieke redakteur laat ek my deur die nuus lei," s Wyngaard. Wanneer daar 'n kommentaarberig geskryf word, moet die joernalis op die nuus fokus, en dit gaan gewoonlik oor mans. Tog, s hy, is die ANC di party wat nog altyd geslagsgelykheid ondersteun het.

Volgens Jaffer is 43,3% van die parlementslede vroue. 'n Belangrike getal vir Suid Afrika as dit met ander eerstewreldlande vergelyk sou word, s sy. "Die ANC het baie goed gevaar op daardie vlak," meen Jaffer.

Die ANC is ook die party wat daarna strewe om die parlement, en elke ander vorm van wetgewing tot op munisipale vlak, 50% vroulik te maak. Hoewel dit die beleid mag wees, s Wyngaard, is die meerderheid senior lede in die parlement steeds mans.

In 2005 is Phumzile Mlambo-Ngcuka as eerste vroulike adjunk-president aangestel. Hoewel Mlambo-Ngcuka, volgens Jaffer, 'n moontlike president in die volgende vyf jaar kan wees, blyk dit tans nie die geval te wees nie, weens die politieke onrus oor die huidige opvolger waarin voormalige adjunk-president Jacob Zuma betrokke is.

Wat dink Wyngaard van 'n toekomstige vroue-president? Volgens hom is die ANC self nog nie gereed vir 'n vroulike president nie. Maar: dit sal 'n baie goeie ding wees omdat ons weet 'n vrou die werk net so goed kan doen as 'n man, s hy.

Die regering en die media behoort meer aandag te skenk aan vroulike parlementslede en veral hul rol in die bevrydingstryd. Op regeringsvlak moet die monumente, gedenksentrums en lughawens dalk na vroue vernoem word, in plaas van mans, s Wyngaard. Die media, op hul beurt, moet fokus op die manier waarop oor vroue berig word en harder probeer om die twee groepe as gelykes te behandel.


>> Comment on this Article
Back to top

All rights reserved 2005 Stellenbosch University