Back to the JV Home Page

 

Onder-Voorsitter, Tesourier, Praktyksgeleenthede, Gholfdag

Indien jy opsien na 'n lang, vervelige Junie vakansie (!) en soek na iets konstruktiefs om te doen, is jy nou op die regte plek!

Na my mening (en ek praat uit ondervinding) is praktykservaring 'n absolute moet vir enige regstudent. Dit is uit die aard van die saak noodsaaklik om al die boekkennis te hê, maar sodra jy 'n bietjie "hands-on" ervaring gekry het van wat daar buite aangaan, sal jy skielik besef hoekom jy regte swot en gevolglik jou studies met meer insig benader.

Al wat jy hoef te doen om die hoër hoogtes te bereik is om jou oë op die JV-kennisgewingbord te hou. Doen aansoek vir vakansiewerk wat vir jou gereël word deur die Amicus-fonds program vir praktyksgeleenthede, en wie weet ... dalk word jy in die komende vakansie persoonlik 'n bietjie touwys gemaak deur 'n prokureur/advokaat in 'n groot bekende firma!

Vir die van julle wie se oog dalk deur die "Gholfdag" gevang is: Dit is 'n fondsinsamelingsprojek waar die JV prokureurs en advokate nooi vir 'n heerlike potjie gholf terwyl hulle terselfde tyd die geleentheid gegun word om 'n ruimhartige finansiële bydrae te maak. Die geld gaan dan vir 'n vrywilligers organisasie wat by regswerk betrokke is. Verlede jaar het die geld byvoorbeeld aan die Regshulpkliniek gegaan.
So nee, dis ongelukkig nie vir studente nie!

Members & Portfolios
JV Vision
JV Photo Gallery
JV Logo
 

Best viewed in 800x600 using Microsoft® Internet Explorer 5 or later

Copyright© 2002 Stellenbosch University