Ek sien dit as 'n eer en voorreg om lid van
die JV te wees. Ons doen eerstehandse ondervinding op oor
hoe die Regsfakulteit funksioneer en leer op die manier elke
dag iets nuuts.
Met portefeuljes soos sosiaal en TGLO is daar
nooit 'n vervelige oomblik nie. Die organisering van die finalejaarsafskeidfunksie
2001, openingsfunksie en togapartytjie was harde werk en net
soveel pret. Die opkomende Regsdans beloof ook om 'n onvergeetlike
ervaring te wees.
Die TGLO is nog in sy baba-jare, maar word
sterker met die tyd. Hierdie jaar is daar meer aandag geskenk
aan die aanstelling van strafreg demi's, sodat dit in lyn
is met die privaatreg demi's.