|
Bemarking, Publikasies, Law Top
|
Die portefeulje van bemarking is by die meeste
ander portefeuljes geïntegreer. Elke sosiale- of akademiese
geleentheid moet effektief bemark word. Plakkate word gemaak,
klasafkondigings word gedoen, menus en kaartjies word gedruk
en nog vele ander aspekte wat betrekking het tot bemarking.
Die JV as sulks word ook bemark oor kampus. Hou gerus kennisgewingborde
dop vir die nuutste ontwikkelinge in en om die Regsfakulteit.
Die Juridus boekie word twee maal per jaar
uitgegee (een elke semester). Dit bevat onder andere 'n verwelkomings
brief deur die voorsitter van die JV en die Dekaan asook alle
besonderhede van die komitee. Terugvoering met betrekking
tot funksies en aangeleenthede in en om die Regsfakulteit
word gegee asook akademiese en aktuele kwessies van belang.
Daar is hierdie jaar besluit om 'n sub-komitee aan te stel
vir die portefeulje. Hulle is Mea Steyn, Esti Brand, Simon
Freemantle, Wineta Joubert en Retha Marais. Saam is ons verantwoordelik
vir hierdie publikasie. Stundente kan hierby baat vind en
moet seker maak dat hulle 'n kopie hiervan kry.
Ek het dit goed gedink om aan studente en
dosente die keuse te bied tussen 'n grys en navy/blou Law
Top. Daar is twee geleenthede om bestellings te plaas in die
jaar - een aan die einde van die eerste semester en dan weer
aan die begin van die tweede semester. Die koste beloop R
120 per top en is regtig 'n aanwins vir regstudente.