|
Beleid, ABR, Fakulteitskomitee
|
Die portefeulje van beleid is 'n nuwe eenheid
geskep vir die uitsluitlikke doel om om te sien na die akademiese
en kulturele behoeftes wat die fakulteit in die gesig staar.
Daar word gefokus op die rol van die klasverteenwoordigers
binne die konteks van die klaskamer en die skryf van beleid
ten opsigte van dringende aangeleenthede.
Ek staan ook verder as verteenwoordiger namens
die studente op die Akademiese Belange Raad (ABR) en die fakulteitskomitee.
Dis 'n groot uitdaging, maar 'n avontuurlike gebeur.