Back to the JV Home Page

 

Sosiaal, Skynhof

Die skynhofkompetisies is vanjaar na nuwe hoogtes geneem, met wenners wat die Regsfakulteit van die US onderskeidelik in Pretoria, Kairo en Egipte verteenwoordig later vanjaar.

Persone om op die regsbank te dien, soos Regter B.J. van Heerden, Regter S. Desai, Advokaat A. Katz, Advokaat T.J. Nel, Proffessor P. de Vos asook Prof. L.M. du Plessis, het baie gretig bevestigend geantwoord in verband met ons skynhowe.

Afgesien van die hoë posisies wat bogenoemde persone in die regslui beklee, was hulle uitermatig beïndruk met die hoë standaard wat studente in die fakulteit handhaaf.

Die skynhowe word geskep om aan studente die geleentheid te bied om hulself voor te berei, asook ervaring op te doen, vir die uiteindelike toekoms wat op die oorgrote meerderheid van ons regstudente wag.

Kyk uit vir die All African en National Criminal Moot Court Competitions volgende jaar, en gryp die geleentheid met albei hande aan.

Die sosiaal is seker die afdeling van die JV wat dit die meeste bekend gemaak het onder studente tot dusver. Dit is ook deel van die kernaspek wat die Regsfakulteit van ander fakulteite aan die US onderskei.

Met geleenthede soos die Openingsfunksie, die Toga Party, die Regsdans asook die Afskeidsfunksie, oortref ons enige ander fakulteit.

Sosiale tradisies onder studente bring ons bymekaar en verenig ons nie net deur ons poging om die akademie saam te bemeester nie, maar bind ons deur ‘n ontspanne samesyn, wat ons nooit sal laat vergeet nie: ‘n Regstudent is ook maar net ‘n mens!

Members & Portfolios
JV Vision
JV Photo Gallery
JV Logo
 

Best viewed in 800x600 using Microsoft® Internet Explorer 5 or later

Copyright© 2002 Stellenbosch University