HUISWERK 2: Vierhoeke

Konstrueer elk van die volgende figure op 'n aparte "page" in een GSP dokument - gebruik File, Document Options.
Verskaf jou verduidelikings/bewyse in 'n Word doc, en probeer gebruik Equation Editor vir wiskundige notasie.

Konstrueer 'n vierkant (square) - kyk hierdie tutoriaal.
Is jy seker dis 'n vierkant? Hoe weet jy, definitief?
Kan jy 'n ander metode gebruik?

Konstrueer nou die "interior" van die vierkant (Kyk in Help: Polygon Interior). Meet sy area en omtrek.

Konstrueer die middelpunte van die sye van die vierkant en verbind hulle - watter soort figuur is dit? Hoe weet jy, definitief?
Meet die area en omtrek van die binneste vierhoek en vergelyk dit met dié van die oorspronklike vierkant.
Is die verbande waar vir enige grootte vierkant? Kan jy verklaar hoekom dit so is?

Konstruuer nou op 'n aparte bladsy 'n reghoek (rectangle), en dan die res soos hierbo.

Herhaal vir 'n paralellogram, 'n ruit (rhombus), trapesium en dan vir enige vierhoek (quadrilateral). Gevolgtrekking?

Herhaal nou vir 'n gelykbenige (isosceles) driehoek, 'n gelyksydige (equilateral) driehoek, en enige driehoek. Gevolgtrekking?