11053 BIOCHEMIE

244 (16) Intermediêre metabolisme

DOELWITTE

Om die Biochemie 244 student:

·        toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om enige metaboliese pad, bekend of onbekend,:

o         se metaboliete te kan karakteriseer, uit te ken, en hul eienskappe en gedrag te kan voorspel m.b.v. die kennis verwerf in Biochemie 214

o         te kan beskryf t.o.v.:

§        die funksie van die pad in die metabolisme as geheel

§        die chemiese prosesse wat daarin plaasvind

§        die reguleringsmeganismes betrokke wat die funksie van die pad beïnvloed

o         se skakeling met ander metaboliesepaaie te kan voorspel;

·        spesifieke take te gee waardeur die student leer om wetenskaplike inligting te ontsluit, te verwerk, en weer te gee, sowel mondelings as skriftelik;

·        te leer hoe om ‘n eksperiment te beplan, boek te hou van die proses en ‘n wetenskaplike verslag daaroor te skryf;

·        spesifieke basiese, wetenskaplike, praktiese vaardighede te laat aanleer en geleenthede te verskaf waar hierdie vaardighede geoefen kan word;

geleenthede te gee om syfer en probleem oplossing vaardighede in die Biochemiese konteks in te oefen en te bemeester.

 

KURRIKULUM

Lesing skedule

Tema A: Energetika van die lewe

L1

Energie in die Biosfeer & Gibbs-energieveranderinge

L2

Die verband tussen DG, Keq & C

L3

Strategieë om reaksies waar DG > 0 spontaan te laat verloop.

L4

Geaktiveerde metaboliete

Tema B: Inleiding tot metabolisme

L5-6

Inleiding tot metabolisme, Oksidasie & reduksie.

L7-8

Funksionele koppeling

L9-11

Metaboliese paaie

Tema C: Glikolise

L12

Inleiding tot koolhidraatmetabolisme

L13

Individuele reaksies van Glikolise

L14

Glikolise, Gibbs-energieverandering, nettoreaksie & ATP-koppelingskoëffisiënte

L15

Ander substrate en regulering van glikolise

Tema D: SSS en Glioksilaatsiklus

L16

SSS, omskakeling na asetiel-CoA, netto reaksie & ATP-koppelingskoëffisiënt

L17

Gibbs-energie van die SSS, Regulering, Anaplerotiese reaksies, Glioksilaat siklus

Tema E: Oksidatiewe Fosfosrilering

L18

Oksidasie-Reduksie, oksidatiewe fosforilering, Elektrontransport

L19

Elektrontransport & Mitchell se teorie

L20

P/O-waarde, Effektiwiteit en belang van oksidatiewe fosforilering

Tema F: Glukoneogenese

L21

Glikoneogenese

L22

Resiproke regulering van Glikoneogenese en glikolise

L23

Glikogeensintese en styselsintese

L24

Ander koolhidraatmetabolisme en regulering van koolhidraatmetabolisme

Tema G: Lipiedmetabolisme

L25

Lipiedmetabolisme

L26

Lipiedoksidasie

L27

Alternatiewe lipiedoksidasies

L28

Lipiedsintese

L29

Regulering van lipiedmetabolisme

Tema H: Fotosintese

L30

Fotosintese & Ligafhanklike reaksies

L31

Fotosintese & Ligonafhanklike reaksies

L32

Fotorespirasie, C4- & CAM plante, regulering van fotosintese

Tema I: Stikstofmetabolisme

L33

Stikstofsiklus, Stikstoffiksering & Stikstofasssimilasie

L34

Glutamaat, Glutamine & a-ketoglutaraat se rolle

L35

Aminosuurmetabolisme & die Ureumsiklus.

Tema J: Integrasie van energiemetabolisme

L36

Kompartementering, koördinering & integrasie van metabolisme

L37-38

Verskillende metaboliese kondisies se invloed op metaboliese paaie

L39-40

Metaboliese stres

 

Tutoriaal en praktika skedule

Tutoriaal 1

Chromatografie.

Prakties 1

Chromatografie: Hoe om papier- en dunlaagchromatogramme op te stel & hoe om papier- en dunllaagchromatografie deur te voer. Bepaal m.b.v. papierchromatografiese tegnieke die aminosuursamestelling van 'n oplossing. Die skeiding en identifikasie van die produkte van die glutamaat-pirovaat transaminasereaksie m.b.v. dunlaagchromatografie.

Tutoriaal 2

Spektrofotometrie.

Prakties 2

Standaardkurwes en Spektrofotometriese bepalings: Hoe om 'n spektrofotometer te standaardiseer, hoe om 'n spektrofotometriese lesing te neem & hoe om 'n konsentrasie te bereken vanaf 'n standaardkurwe. Bepaling van die golflengtes van maksimum absorpsie vir twee opgeloste verbindings. Ondersoek die geldigheid van die Beer-Lambert Wet binne 'n bepaalde konsentrasiegebied. Bepaling van die konsentrasie van ’n bromofenolblou-oplossing deur gebruik te maak van 'n standaardkurwe.

Prakties 3

Spektrofotometriese proteïenbepaling: Reaksie van proteïene teenoor die byvoeging van 'n sterk suur en anorganiese soute. Die bepaling van die proteïenkonsentrasie van 'n onbekende oplossing m.b.v. 'n spektrofotometer en 'n standaardkromme.

Tutoriaal 3

Ensieme.

Prakties 4

Ensiemkinetika & hoe om 'n mikropipet te gebruik: ’n Ondersoek na die invloed van verskillende ensiem- en substraatkonsentrasies op die reaksiesnelheid van ensiemreaksies.

Prakties 5

Lipiede: Bepaal die jodiumgetal van 'n olie. Bereken die versepingsgetal van die olie, die gemiddelde Mr van die triasielgliseriedes (TAG) in die olie, die gemiddelde Mr van die vetsure in die TAG van die olie en die aantal C-atome (kettinglengte) in 'n vetsuurketting.

Tutoriaal 4

Geselekteerde vrae uit: Energetika en Inleiding tot metabolisme, Glikolise, sitroensuursiklus en glioksilaatsiklus, Oksidatiewe Fosforilering en Glukoneogenese, Lipiedmetabolisme, Fotosintese & Stikstofmetabolisme, en Integrasie van Metabolisme

 

 

UITKOMSTE

Algemene Uitkomste

Die Biochemie 214 student moet, gegee ‘n spesifieke onderwerp,:

·        die wetenskaplike inligting aangaande die onderwerp kan ontsluit deur gebruik te maak van primêre bronne soos navorsingsartikels en sekondêre bronne soos teksboeke en oorsigartikels,

·        die informasie kan opsom verwerk, en krities analiseer

·        die informasie saamehangend en logies kan weergee in ‘n skriftelike seminaar voorberei m.b.v. ‘n gespesifiseerde teksverwerkingsprogram en volgens spesifieke riglyne.

 

Uitkomste van Teorie

Die Biochemie 244 student moet:

·         Met betrekking tot die energetika van die sel

o         Die begrippe standaard Gibbs-energieverskil (DG°), Standaard biochemiese Gibbs-energieverskil (DG°´), Biochemiese Gibbs-energieverskil (DG°´), ewewigskonstante (Keq) en massawerkingskonstante (G) kan definieer, gebruik in berekeninge en andersins toepas in die interpretasie van metaboliese probleme.

o         Die verskille tussen standaardkondisies, Biochemiese standaardkondisies en Biochemiese kondisies kan noem en die metaboliese gedrag kan voorspel op grond van hierdie kondisies.

o         Die konsep strategieë vir die koppeling van reaksies met positiewe Gibbs-energie waardes aan die met negatiewe Gibbs-energiewaardes noem en toepas in metaboliese paaie.

o         Die konsepte koppelingsagente en geaktiveerde metaboliete kan definieer en hierdie entiteite uitwys in metaboliese paaie.

·         Met betrekking tot metabolisme

o         Die konsepte anabolisme en katabolisme kan omskryf en onderskei op grond van oksidasie/reduksie, energieproduksie/energiegebruik en reduseerekwivalente.

o         Die verskille in die rolle van NADH en NADPH kan noem.

o         Die begrip funksionele koppeling kan definieer en toepas op intermediêre metabolisme.

o         Primêre, sekondêre en algemene koppelingsagente kan uitwys in metaboliese paaie en die onderskeid kan verduidelik.

o         Die begrip stoigiometrie kan definieer en die verskillende tipes stoigiometrie kan uitwys.

o         Die fases van metabolisme ken en kan uitwys in sowel anaboliese as kataboliese paaie.

o         Die konsep van aktivering kan omskryf en die rasionaal daaragter kan weergee asook geaktiveerde metaboliete in metaboliese paaie uitwys.

·         Met betrekking tot glikolise

o         Vir glikolise kan aantoon waar in die sel dit plaasvind, in watter organe dit plaasvind en wat die substraat en produk is vir sowel aërobiese as anaërobies glikolise.

o         Kan aantoon waar en hoe die substraat ontstaan asook waarheen die produk(te) gaan en waarvoor dit (hulle) gebruik word.

o         Die metaboliese belang van die anaërobiese reaksies van glikolise kan verduidelik binne die konteks van energie lewering in selle.

o         Die regulering van glikolise kan weergee en koppel aan die energiestatus van ‘n sel.

·         Met betrekking tot die sitroensuursiklus

o         Kan aantoon in watter organel die siklus funksioneer, in watter organe dit funksioneer en wat die rol daarvan is binne die konteks van die metabolisme.

o         Die koppeling van die sitroensuursiklus met sowel anabolisme as katabolisme kan verklaar en ook aandui hoe en waarmee dit gekoppel word.

o         Die konsep anaplerotiese reaksies kan definieer, sulke reaksie kan uitwys en die rol van sulke reaksie in die gladde verloop van die siklus verduidelik.

o         Die herkoms van substrate vir die siklus kan gee en die gebruik van tussenprodukte van die siklus deur ander metaboliese paaie kan verklaar.

o         Die regulering van die sitroensuursiklus kan verklaar in terme van die koolstof- en energievloei in die sel.

o         Die rol van die glioksilaatsiklus verklaar en die effek daarvan op die vloei van koolstof en energie in die sel uitwys.

·         Met betrekking tot oksidatiewe fosforilering

o         Kan uitwys waar in die sel dit plaasvind en aantoon watter funksies dit vervul.

o         Die substrate en produkte van oksidatiewe fosforilering uitwys asook die rol en werking van die elektrontransportstelsel kan verklaar.

o         Die werking van die komponente van die elektrontransportstelsel kan verklaar en die rol wat elkeen speel by funksies soos elektrontransport, protonverplasing en suurstofverbruik kan uitwys.

o         Die ontstaan en funksie van die proton gradiënt kan verduidelik.

o         Die substrate vir die verskaffing van elektrone aan die elektrontransportstelsel ken en hulle herkoms kan verduidelik.

o         Die rol van die onderskeie membraantransportstelsels kan koppel aan die produkte of substrate vir reaksies in die elektrontransportstelsel  en oksidatiewe fosforilering asook die proton- en ladingsgradiënte.

·         Met betrekking tot glukoneogenese

o         Die plasing van glukoneogenetiese reaksie in die sel ken asook die organe waarin dit voorkom kan aandui.

o         Die ooreenkomste en verskille tussen glukoneogenese en glikolise wat betref reaksies en beheerstelsels kan uitwys en koppel aan die funksies van die twee paaie.

o         Die doel/funksie van glukoneogenese kan verduidelik en die funksionering kan verklaar in terme van aansluitende metaboliese sisteme.

·         Met betrekking tot lipiedmetabolisme

o         Die fases van lipiedkatabolisme ken en kan koppel aan die heersende toestand in aansluitende metaboliese paaie.

o         Die lokaliteit in die sel en organe waarin lipiedkatabolisme en anabolisme plaasvind ken en kan verklaar in terme van die res van die metabolisme en fisiologie van die organisme.

o         Die stapsgewyse proses betrokke by die oksidasie van verskillende tipes vetsure ken en kan toepas.

o         Die roete wat produkte van vetsuuroksidasie sal volg om by energielewerende metabolisme aan te sluit ken en kan verklaar.

o         Die begrippe ketogenese, ketoonoksidasie, asidose, ketose en ketonurie kan definieer en kan verklaar in terme van lipied- en ander metabolisme.

o         Die regulering van lipied anabolisme en katabolisme ken en in verband kan bring met die energiestatus van die sel/organisme asook die verloop van aansluitende metaboliese paaie.

o         Die konsep essensiële vetsure kan definieer en in verband kan bring met die vetsuursintese stelsels van die betrokke organisme.

·         Met betrekking tot fotosintese

o         Die komponente, samestelling en algemene funksionering van ‘n fotosintetiese stelsel ken en kan verduidelik in terme van koolstof - en energievloei.

o         Die prosesse betrokke by die omskakeling van ligenergie na chemiese energie ken en kan verduidelik in terme van begrippe soos foto-oksidasie, fotoreduksie, fotofosforilering, die protongradiënt, pH-verskille, en CO2 -fiksering.

o         Begrippe soos C3-, C4-, CAM, en fotorespirasie  kan definieer en op grond van energiebenutting, ATP gebruik, reduseerekwivalente en koolstofvloei onderskei.

o         Die rol van lig in die regulering van fotosintese kan verklaar en koppel aan bepaalde ensieme, asook faktore soos pH en ioonkonsentrasies.

o         Die verskillende roetes vir die sintese van mono-, di- en polisakkariede ken en kan gebruik.

·         Met betrekking tot stikstofmetabolisme

o         konsepte soos die stikstofsiklus, stikstoffiksering en stikstofassimilasie kan definieer en gebruik in die uitklaring van prosesse betrokke by die stikstofvloei in selle en organismes.

o         Die Ureumsiklus kan gebruik om energie- stikstof- en koolstofvloei in ‘n organisme te verklaar.

o         Die konsepte ketogeniese en glukogeniese aminosure kan definieer en gebruik om die koolstof vloei in ‘n organisme te verklaar.

o         Die rol van transaminering en aminosuuroksidasie kan verduidelik in die konteks van die benutting van koolstof en die herbenutting of uitwerping van stikstof.

·         Met betrekking tot die integrasie en regulering van energiemetabolisme

o         Vir alle metaboliese paaie in die kursus die produkte kan identifiseer as substrate van ander paaie en alle substrate kan koppel aan ‘n metaboliese pad.

o         Alle metaboliese paaie kan groepeer in terme van energielewering of energiegebruik.

o         Gebalanseerde reaksies kan skryf vir enige metabolies pad, bekend of onbekend.

o         Vir alle metaboliese paaie, bekend of onbekend, ATP-koppelingskoëffisiënte  kan bepaal.

o         Vir alle bekende metaboliese paaie die regulering kan koppel aan die regulering van aansluitende metaboliese paaie.

o         Die vloei van koolstof en energie tussen verwante metaboliese paaie kan volg en verklaar in terme van die behoeftes van die sel onder spesifieke metaboliese kondisies.

o         Die gedrag van verwante metaboliese paaie kan voorspel en verklaar onder bepaalde streskondisies.

o         Veranderings in die verhoudings van geaktiveerde en ongeaktiveerde metaboliete kan verklaar en/of voorspel onder bepaalde metaboliese kondisies.

 

Uitkomste van Praktika

Die Biochemie 214 student moet:

·            In span konteks vanaf ‘n gegewe beskrywing van ‘n eksperiment  ’n vloeidiagram kan opstel wat die eksperiment opsom en die beplanning weergee, insluitende watter apparaat, chemikalieë en glasware benodig word, die tyd wat vir elke stap benodig word, asook die werksverdeling tussen die paarmaats.

·            Vanaf die opgestelde vloeidiagram ’n eksperiment kan deurvoer en in ‘n laboratoriumwerkboek waarnemings en gevolgtrekkings gemaak kan aanteken, resultate verkry korrek kan opteken en die nodige berekenings en verwerkings van die resultate kan doen om sinvolle afleidings en gevolgtrekkings daaruit te kan maak.

·            Vanaf gegewe of verworwe data :

o         kontroles benodig kan identifiseer of voorstel

o         die data kan verwerk, insluitend enige nodige berekenings doen of grafieke  trek , sodat geldige afleidings en goed beredeneerde gevolgtrekkings gemaak kan word

o         ’n verslag skryf wat:

·        m.b.v. ‘n woordverwerker en sigbladprogram saamgestel is

·        Die volgende afdelings bevat:

·      Inleiding met doelstelling

·      Metode

·      Resultate

·      Gevolgtrekking

·        Die teoretiese onderbou van die eksperiment of tegnieke gebruik duidelik bespreek (inleiding)

·        ‘n logiese en samehangende beskrywing van die eksperiment bevat (metode en resultate)

·        ‘n goed beredeneerde gevolgtrekking van die resultate bevat

·        verbaal in klein groepkonteks aangebied en bespreek word.

o         die mees basiese biochemiese tegnieke (bv. weging, die opmaak van oplossings, pipettering, die maak van verdunnings, die hantering van chromatogramme, en spektofotometrie),

o         die korrekte gebruik van instrumente (bv. skale en spektrofotometers) en

o         die korrekte gebruik van apparaat (bv. pipette, burette, volumetriese flesse, mikropipette, pipetopsuiers).

·        Konsepte (bv. dimensionele konsekwentheid, die korrekte gebruik van eenhede, massas, volumes, oplossings, konsentrasies, verdunnings, ewewigsreaksies, bufferwerking, ligabsorpsie, ensiemkinetika en chromatografie) as onderbou van die praktika bemeester om sodoende resultate te kan verwerk, verklaar en voorspel.

 

ASSESSERINGSPROSEDURES

Die kursus word deurlopend geëvalueer en dit bied voldoende geleenthede vir die student om vas te stel of die uitkomste bevredigend bemeester word.

·        Evalueering van die teoretiese aspekte van die module geskied deur die skryf van twee oopboek toetse om ons onderigbenadering van verstaan, gebruik en toepasing van konsepte te ondersteun en die nodigheid vir die memorisering van feite uit te skakel.

·        Evaluering van die teoretiese onderbou van die praktika en wetenskaplike metode geskied dmv ‘n oopboek praktiese teorie toets en van praktiese vaardighede d.m.v. ‘n praktiese vaardigheids toets waar studente spesifieke praktiese opdragte moet kan uitvoer. Vloeidiagramme word as deel van die laboratoriumwerkboek geevalueer en elke student moet ook een wetenskaplike verslag indien vir evalueering.

·        Komunikasie vaardighede, nl. seminaar, wetenskaplike verslag en mondeling, word geevalueer volgens ‘n spesifieke stel riglyne wat aan die studente verskaf word.

·        Eweknie beoordeling word deurentyd in die kursus gebruik om verskeie redes: dit moedig studente aan om ‘n sekere vlak van vertroudheid met die materiaal te handhaaf en om aktief deel te neem aan die leerproses, en studente leer om volgens ‘n stel riglyne ‘n produk te evalueer en hoe om op ‘n hoë kognitiewe vlak  met kennis om te gaan.

·        Punte samestelling:

o         Prestasie punt: 40% Prakties en 60% Teorie met sub-minima vir beide gedeeltes van 50%

o         Teorie:

§         Oopboek toets 1                    35%

§         Seminaar                        18%

§         Tutoriaal toetse                    12%

§         Oopboek toets 2                    35%

o         Prakties:

§         Laboratoriumwerkboek    15%

§         Praktiese wetenskaplike verslag            20%   

§         Praktiese Vaardigheidstoets            20%   

§         Oopboek Praktiese Teorietoets            35%   

§         Mondeling oor praktikum            10%