UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

DEPARTEMENT VERBRUIKERSWETENSKAP: VOEDSEL, KLEDING,

 BEHUISING

2005

 

MODULE:  Bh 448             PRAKTYKOPLEIDING                           (6l 12p)

 

 

DOSENTE:

Prof AS van Wyk                                                                       Mev MJ Botha

Tel: 021 8083397                                                                      Tel:  021 8083401

 

MODULEDOELSTELLINGS

 

Tydens hierdie module maak studente kennis met die behuisingindustrie en doen praktykopleidieng in twee goedgekeurde ondernemings.  Blootstelling aan die bestuur van behuisingverwante projekte wat met residensiële en nie-residensiële omgewings verband hou, vind plaas.  Hierdie kennis en insig is noodsaaklik om in die behuisingbedryf ‘n sinvolle bydrae te kan lewer.  ‘n Praktykopleidingsverslag wat aan die vereistes van die Departement Verbruikerswetenskap voldoen, word gelewer asook ‘n verslag van die maatskappye waar praktykopleiding plaasgevind het, word ingedien.

 

 

UITKOMSTE

 

Na afhandeling van hierdie module sal die student:

 

·        Kennis maak met die behuisingindustrie onder meer plaaslike owerhede, nie-regeringsorganisasies, bedryfsorganisasies, meubel- en interieurondernemings, vevaardigers van materiale en afwerkings en argitekte

·        Begrip hê van die behuisingproses en bestuursapsekte soos dit in die behuisingbedryf plaasvind

·        Begrip hê van die probleme wat gepaard gaan met lewering van produkte en dienste in die behuisingbedryf

·        Ondervinding opdoen om as lid van ‘n span te kan saamwerk en voorstelle kommunikeer en sodoende ‘n sinvolle bydrae kan lewer tot die behuisingproses

·        ‘n Praktykopleidingsverslag waarin ‘n kritiese bespreking asook evaluering van die behuisingbedryf uiteengesit is, word mondelings voorgedra

 

 

PRAKTYKOPLEIDINGSTYDPERK:

Praktykopleiding kan enige tyd geskied vanaf 18 Julie tot 2 September 2005.  Die praktykopleiding geskied vir sewe weke - vier weke by een onderneming en drie weke by ‘n tweede onderneming.  Dit staan enige persoon vry om ‘n langer periode te werk. 

 

Indien studente om een of ander geldige rede, na die oordeel van die betrokke dosente, nie tydens hierdie tydperk hul praktykopleiding kan ondergaan nie, moet hulle alternatiewe met die dosente kom bespreek.  Die alternatief sou wees dat studente gedurende hul vakansietyd die praktykopleiding kan ondergaan.

 

Vir die praktykopleiding in die ontwerpbedryf, onderhandel mev. Botha self met goedgekeurde maatskappye wat bereid is om ‘n student te akkomodeer.  Hierdie deel van die praktykopleiding vind gewoonlik plaas in die Kaapse Skiereiland en omgewing.  Indien ‘n student by ‘n spesifieke maatskappy wil werk, moet hulle asb. nie self met maatskappye reelings tref nie. 

 

ASSESSERING:

Studente voltooi twee verslae volgens spesifieke vereistes en riglyne aan hulle bekend-gemaak.  Hierdie verslae tel 50% van die klaspunt vir die module.

 

Werkgewers van die twee ondernemings waar praktykopleiding ondergaan is, voltooi verslae oor die studente en hul werkverrigting by die instansie.  Hierdie verslae tel 30% van die klaspunt vir die module.

 

Verslae moet voor Maandag 19 September 2005 om 17:00 ingelwer word.  Verslae sal in die klas aangebied word op tye wat op die rooster aangedui is.  Hierdie lewering van die versalg tel 20% van die klaspunt vir die module. 

 

BEREKENING VAN PRESTASIEPUNT:

Die klaspunt geld as die prestasiepunt vir die module.

 

ALGEMENE BEPALINGS:

Praktykopleiding is verpligtend vir 7 weke.  Studente moet 5 dae ‘n week vir 7 weke by twee instansies werk.  Indien studente afwesig is tydens hierdie verpligte praktykopleidingstydperk moet ‘n geldige doktersertifikaat ingelewer word.  Die betrokke dag (dae) moet op ‘n tyd soos ooreengekom met die dosent en onderneming, ingewerk word.

 

Die studente moet ten volle tweetalig wees om in die bedryf te werk.