2005
30
KREDIETE: 6 Voorlesings, 6
periodes praktika per week
Behuisingkunde
314 en 334 is voorvereistes vir hierdie module.
Mev
Hierdie
module bied ‘n oorsig van die vestiging, bestuur, bemarking en ontwikkeling van
‘n interieurontwerp praktyk en die bestuur van projekte asook die funksionele
beplanning en evaluering van nie-residensiële ruimtes i.t.v. ‘n Suid-Afrikaanse
identiteit. Studente doen verder
grafiese voorstellingstegnieke en gevorderde rekenaargesteunde (AutoCad)
ontwerptegnieke om beplanningsvoorstelle te kommunikeer.
Veskeie
temas word bespreek:
Beplanning en
inrigting van nie-residensiële ruimtes (kantore en kleinhandel)
Voorstellingstegnieke
en gevorderde AutoCad
Projekbestuur in
die interieurontwerp praktyk
Promosiemetodes
vir die praktyk
Vergoedingsmetodes
vir ontwerpdienste
Verantwoordelikhede
na aflewering van bestellings
Kennismaking met
die handel
UITKOMSTE
Aan
die einde van hierdie module sal jy:
·
Kennis maak met verskillende besigheidsvorme van
‘n interieurontwerp praktyk
·
insig hê in die prosedure en bestuur van projekte
in die interieurotwerp praktyk
·
die beginsels van bemarking van die praktyk
verstaan en
·
kennis en insig hê in die heffing van fooie vir
professionele dienste gelewer
·
insig hê in die nuutste tendense m.b.t.
ruimtebenutting van nie-residensiële omgewings asook die ontwerpspekte en
beginsels
·
verder sal jy die vaardighede ontwikkel om
perspektieftekeninge en drie-dimensionele voorstellings van ontwerpe te maak
·
tegnieke toepas om voorleggings van projekte aan
kliënte te maak
·
‘n ontwerp-portefeulje
TAALSPESIFIKASIE
Die
onderrigmedium is in beide Engels en Afrikaans.
Alle toetse, eksamens en werkopdragte
GROBBELAAR,
A. 1993. Building Construction and
Graphic Standards. CNA.
Die
ander publikasie is ‘n aanbevole
handboek en ‘n uitstekende publikasie, maar baie duur. Daarom word relevante leeswerk gekopieer aan
studente beskikbaar gestel. Geld vir
xerox is baie beperk en sommige leesstukke is net op reserwe in die
Verbruikerswetenskap leeskamer geplaas.
GROBBELAAR,A. Building Construction and Graphic Standards. Anglo Rand Juta
Publications.
PIOTROWSKI, CM. 1994.
Professional Practice for Interior Designers. Second edition.
PIOTROWSKI, CM. & ROGERS, EA. 1999. Designing Commersial Interiors.
Hoofstukke 1,2,3
& 6
AANBIEDING
EN LEERGELEENTHEDE
Klasse is in die vorm
van formele voorlesings, groepbesprekings en werksessies. Daar word van jou verwag om vooraf leeswerk
ter voorbereiding van klasaanbiedings te doen.
Korter werkopdragte wat met die literatuur verband hou, word tydens
klastyd uitgevoer en bespreek.
Die kontaktye
asook die lokale vir lesings en praktika is soos wat die rooster in die
Departement Verbruikerswetenskap aandui.
Werkopdragte wat
met die teorie verband hou, word tydens roostertye uitgevoer. Nadat dit nagesien is, word dit tydens een
van die kontakperiodes in die klas bespreek.
Ontwerpe
m.b.v. AutoCad word slegs tydens die klastyd, soos op die rooster
aangedui, gedoen. Daar word van jou
verwag om ten volle op hoogte te wees
van die program elke keer wanneer jy by die rekenaarklasse aansluit. Opdragte in Autocad word slegs tydens
klastye afgehandel en daar word streng by hierdie bepaling gehou. As jy hierdie klasse mis, moet jy dit op eie
verantwoordelikheid inhaal. As jy nie
die take betyds inhandig nie, verbeur jy die punt. Die toets vir AutoCad sal tydens ’n
klasgeleentheid gedoen word en die datum sal met studente ooreengekom word.
Daar word een semestertoets
afgelê op 11 April 2005 om 19:30. Die
lokaal waar dit plaasvind, sal in die klas aangekondig word.
Jy
sal oor alle dele van die werk evalueer word.
Klasse is in die vorm van formele voorlesings, groepbesprekings,
studiebesoeke en werksessies. Sekere
dele van die werk is selfstudie. Daar
word van jou verwag om leeswerk ter voorbereiding van die klasse te doen. Studiebesoeke word na verskeie instansies in
die bedryf onderneem.
Die
eerste eksamengeleentheid is 1 Junie 2005 om 9:00.
Die tweede
eksamengeleentheid is 22 November 2005 om 9:00.
Bh418Web Page2004