DEPARTEMENT
VERBRUIKERSWETENSKAP
KLEDING 434: ONTWERP EN
GEVORDERDE KONSTRUKSIE
MODULERAAMWERK
Dosente: Mev
L Viljoen en mev
Kantoor: 112
Verbruikerswetenskapgebou
Telefoonnr: 021-8083402
ALGEMENE DOELSTELLING
Die doel van die module is
om aan studente wat in kleding en tekstiele spesialiseer:
Ø
kennis, insig en praktiese vaardigheid te gee in
die toepassing van beginsels en tegnieke van platpatroonontwerp – die
ontwerpproses wat algemeen in die klerebedryf en ook as basis vir
rekenaargesteunde klere-ontwerp gebruik word
Ø
kennis, insig en praktiese vaardigheid te gee om
‘n rekenaargesteunde klere- en ontwerppakket te gebruik vir tegniese sketswerk,
die ontwerp, gradering en afronding van patrone asook vir die maak van ‘n
merker
Ø
die geleentheid te gee om
klerekonstruksiebeginsels en –tegnieke toe te pas in die maak van kledingstukke
van patrone wat ontwerp is, óf waarop daar stylwysigings aangebring is
Ø
kennis, insig en vaardighede te gee met betrekking
tot die vestiging en bestuur van ‘n klein naaldwerkgerigte onderneming
RASIONAAL
VIR DIE MODULE
Die
module sal eerstens aan studente die nodige insig gee in spesifieke
produkontwikkelingsprosesse soos ontwerp, patroon- en merkermaak, en
konstruksie asook hoe die konstruksie van die kledingstukke dié prosesse
beïnvloed. Tweedens sal die module breë
riglyne en geleentheid vir toepassing van praktiese vaardighede gee vir die
vestiging, organisasie en bestuur van ‘n klein naaldwerkgerigte onderneming.
ALGEMENE
UITKOMS VIR DIE MODULE
Na
suksesvolle afhandeling van die module sal studente:
Ø
basiese beginsels en tegnieke van
platpatroonontwerp ken, verstaan en prakties
Ø
die ‘Symmetry’ rekenaargesteunde
klere-ontwerppakket
Ø
basiese beginsels en gevorderde
konstruksietegnieke
Ø
kennis gemaak het met fasette van die vestiging en
bestuur van ‘n klein naaldwerkgerigte onderneming
Vir die suksesvolle afhandeling van die
kursus, sal studente bogenoemde inhoud sodanig bemeester het dat hulle dit
tydens evalueringsgeleenthede – mondelings, skriftelike en/of prakties – sal
Die module vereis ‘n professionele en
eksperimentele benadering tot ontwerp, kledingkonstruksie en die terminologie
of vaktaal, tegnieke en beginsels wat daarmee gepaard gaan.
Die
eerste gedeelte van die kursus sal gewy word aan die aanleer van beginsels en
tegnieke vir die ontwerp van patrone en aanbring van stylwysigings volgens die
platpatroonmetode. Daarna sal studente
beginsels en tegnieke vir rekenaargesteunde ontwerp aanleer en toepas. Stylwysigings sal op ‘n spesifieke handels-
of grondpatroon aangebring word om minstens een uitrusting te skep. Deur die loop van die kursus sal studente
kennis maak met verskillende fasette van die vestiging, organisasie en bestuur
van ‘n klein naaldwerk-gerigte sake-onderneming.
VOORGSKREWE
BOEKE
Ø
Aldrich, W. 1994.
Metric Pattern Cutting. Third
Edition.
Ø
Spike, K.
Sew to Success. Oregan. Palmer/Pletch Publishing.
Die
inhoud van die module word tot ‘n groot mate in die handboeke sowel as
bykomende leeswerk gedek. Die bykomende
leeswerk sal by tye uitgedeel, op reserwe geplaas of op die rekenaar beskikbaar
wees.
ASSESSERING
Punte
word vir die volgende toegeken en in berekening gebring by die bepaling van
dieklassyfer vir Ontwerp en Gevorderde Konstruksie:
Ø
Semestertoets
- Platpatroonontwerp: teoretiese beginsels
praktiese
toepassing van tegnieke
-Fasette van die vestiging,
organisasie en bestuur van ‘n
-naaldwerkgerigte onderneming 40%
Ø
Rekenaargesteunde ontwerp 20%
Ø
Stylwysigings op grond- of handelspatroon 10%
Ø
Konstruksie van kledingstukke 20%
Ø
Vestiging, organisasie en bestuur van ‘n klein
naaldwerkgerigte onderneming
(groepwerk) 10%
Die
eksamenvraestel sal min of meer dieselfde formaat as die semestertoets hê. Die eksamen- en klaspunt tel in die
verhouding 60% tot 40%, onderskeidelik, vir die berekening van die
prestasiepunt.
KLASPROSEDURE
Daar is
ses periodes per week. LW: Die bywoning van klasse is verpligtend. Studente wat weens siekte of ‘n ander
amptelike aanvaarde rede nie klasse kan bywoon, take kan inhandig of toetse kan
aflê nie, moet ‘n mediese sertifikaat (of ander geldige dokument) by die dosent
inhandig en dan verantwoordelikheid neem om in oorleg met die dosent
alternatiewe reëlings te tref.