DEPARTEMENT
VERBRUIKERSWETENSKAP: VOEDEL, KLEDING,
BEHUISING
PROJEK
448(32): PROJEK I
KURSUSRAAMWERK: 2005
KANTOOR: 115
TELEFOON: 021 808 3398
E-POS: emv@sun.ac.za
DOEL, RASIONAAL EN
UITKOMSTE
Die studente volg ‘n program met Kleding en Tekstiele as
spesialisrigtings. Verskeie modules in
die program dra by tot diepgang in teoretiese kennis en bepaalde vaardighede en
houdings word ontwikkel.
Beroepsbeoefening in die Klere- en Tekstielbedryf vereis praktiese
ervaring van die wyse waarop ondernemings, hetsy die vervaardigingsektor of die
kleinhandel, funksioneer sowel as bestuur en georganiseer word. Die onderhawige module word in die program ingesluit
om studente eerstehandse ondervinding hiervan te gee
en beroepsgerigte kundighede te ontwikkel.
Die oorkoepelende doel met die module is om studente
blootstelling te geen aan en ondervinding te laat opdoen van beide
vervaardiging, kleinhandel en/of verwante fasette van die Klere- en Tekstielbedryf
deurdat ‘n goedgekeurde praktykgerigte projek in die tweede semester van die
finale jaargang uitgevoer moet word. Dit
bied verder ook aan studente die geleentheid om
teoretiese kennis met praktiese, eerstehandse ervarings van die Klere- en Tekstielbedryf
te integreer. Studente moet vir die
ekwivalent van sewe weke ‘n internskap doen waartydens hulle onder meer waarneming doen, die dag tot dag take van spesifieke
persone saam met hulle uitvoer (shadowing),
vergaderings bywoon, voorgestelde take uitvoer en aanbiedings doen. Dit word in oorleg met die Klere- en
Tekstielbedryf of ‘n ander toepaslike instansie (bv
die WNNR) gereël.
Na suksesvolle afhandeling van die
module sal die studente bewys
1. Praktykondervinding t.o.v. verskeie
fasette van die Klere- en Tekstielbedryf opgedoen het
en dit in verslagvorm (geskrewe en verbaal) neerslag laat vind het.
2. Selfstandige besluite en inisiatief
geneem het in die uitvoering van beroepsverwante take wat in ‘n portefeulje
geboekstaaf is.
3. Suksesvolle uitvoering (tot bevrediging
van die betrokke persone) gegee het aan spesifieke opdragte wat deur
toesighouers in die Klere- en Tekstielbedryf gegee is.
4. Volledige rapportering (geskrewe en
verbaal) van waarnemings, probleme, opdragte en ander
relenvante aktiwiteite gedoen het.
TEMAS
Geen spesifieke temas word behandel nie, maar studente
ontvang ‘n volledige handleiding met voorstelle oor spesifieke fasette van die
bedryf wat waargeneem moet word, waaroor inligting ingesamel moet word en waaroor
gerapporteer moet word. Dieselfde
handleiding word aan maatskappye wat verantwoordelikheid vir die studente neem,
gegee om as riglyn te dien vir die beplanning van
leergeleenthede tydens die internskap.
Die module het ses praktikums en
twee tutoriale per week. Dit word egter nie op ‘n week tot week basis aangebied nie. Studente sal op gesette tye aanmeld vir
kontaksessies met die doel om voorligting te ontvang
oor opdragte wat tydens die internskap uitgevoer moet word en om terug te
rapporteer na afloop van die internskap.
‘n Rooster word hiervoor opgestel. Die internskap word egter as ‘n tipe
blokkursus beskou sodat studente vir periodes van twee weke of langer nie op
die kampus is nie, maar voltyds by die betrokke maatskappye in die bedryf
werk. Studente wat modules agterstallig
is, moet hiervan kennis neem en betyds die betrokke
dosente hieroor inlig en ‘n reëling tref t.o.v. klasbywoning en toetse. Die kontaksessies en bloktye vir Projek I en
Projek II word afwisselend aangebied sodat studente op ‘n bloktyd, wat die
ekwivalent is van ongeveer sewe weke, vir elkeen van die projekte moet
reken.
LEERGELEENTHEDE EN
OPDRAGTE
‘n Verskeidenheid leergeleenthede
vorm deel van die internskap. Dit behels
kontaksessies met verduidelikings, die uitvoer van opdragte, selfstandige werk,
eerstehandse ervaring van die bedryf, waarneming, ens. Elke maatskappy beplan
spesifieke leergeleenthede afhangende van beskikbare fasiliteite en personeel. ‘n Volledige
handleiding word jaarliks saamgestel wat as riglyn vir studente en die betrokke
maatskappye dien.
STUDIEBRONNE
Daar is geen voorgeskrewe handboek nie. ‘n Handleiding word
aan studente gegee. ‘n
Nuttige handboek wat aangeskaf
ASSESSERING
Projek I is ‘n praktykgerigte projek of internskap. Daar is gevolglik geen semestertoetse of
eksamens nie. Studente moet egter bewys
lewer van kennis wat bekom is, vaardighede wat verwerf is, take wat uitgevoer
is en houdings wat ontwikkel het. Gevolglik word verskillende komponente van die module op
verskillende maniere gemonitor en geëvalueer. Studente moet weeklikse
verslae inhandig. Bykomend hiertoe moet ‘n portefeulje saamgestel word wat geëvalueer
word. Studente
moet ook ‘n mondelinge verslag lewer van hul internskap. Die betrokke maatskappy waarby studente die
internskappe doen, moet ‘n evalueringsvorm invul en ‘n punt aan die student
gee. Al hierdie punte word
in berekening gebring vir die berekening van die prestasiepunt. Die gewigte van die onderskeie komponente is
soos volg:
Weeklikse verslae: 20%
Portefeulje (verslag): 35%
Portefeulje (lewering): 15%
Punt van die industrie: 30%
TEIKENDATUMS
Spesifieke teikendatums word beplan en in ‘n rooster
weergegee wanneer die studente finaal by ‘n maatskappy geplaas is. Weeklikse verslae moet elke week ingehandig
word op die Maandag van die volgende week.
Studente wie se verslae laat is, sal gepenaliseer
word. Verslae moet verkieslik met e-pos
gestuur word. Spesifieke riglyne vir die
formaat van die verslae word in die handleiding, waarna hierbo verwys is, vervat. Datums
vir inhandiging van portefeuljes word in oorleg met die studente bepaal, maar
word normaalweg twee weke na afhandeling van die
internskap ingehandig. Lewering van die portefeuljes vind plaas op ‘n datum in die
Novembereksamen en word in oorleg met die studente bepaal.
2005