PROJEK
458(32): PROJEK II
KURSUSRAAMWERK: 2005
KANTOOR: 115
TELEFOON: 021 808 3398
E-POS: emv@sun.ac.za
Die module vorm deel van ‘n program met spesialisering in
Kleding en Tekstiele wat studente voorberei vir beroepsbeoefening in die breë
veld van Kleding en Tekstiele, maar meer spesifiek in
die Klere- en Tekstielbedryf. Namate die
studente se vakkennis verdiep, word leergeleenthede ingesluit wat hulle
blootstel aan die hoër denkvlakke van analise, sintese
en evaluering. In die tweede semester
van die vierde jaargang kulmineer dit in die onderhawige module waar studente
met die nodige leiding, maar tog selfstandig navorsing moet beplan, deurvoer en
rapporteer. Dié module bou op ander modules wat daarop gemik was om studente se vakkennis
te verdiep, hul vermoë ontwikkel om selfstandig bronne te vind, kennis van
navorsingsmetodologie te begin bou, kritiese denke en probleemoplossingsvermoë
te ontwikkel en die vermoë om verbaal en in geskrewe vorm verslag te doen. In Projek II word daar op hierdie doelwitte voortgebou.
Die oorkoepelende doel met die module is om
studente bloot te stel aan en ondervinding te laat opdoen van navorsing ten
einde hulle voor te berei vir beroepsbeoefening, maar veral ook vir nagraadse
studie.
Na suksesvolle afhandeling van die
module sal die studente
1. Oor basiese kennis beskik van
geselekteerde teoretiese aspekte van navorsing en dit tydens toetsgeleenthede
skriftelik
2. Oor die vermoë beskik om
2.1 ‘n
navorsingsprobleem te identifiseer en te formuleer
2.2 navorsingstegniek(e)
en –metodes te kies wat geldige en betroubare data sal insamel
2.3 eenvoudige
data-analises te doen (met statistiese hulp indien van
toepassing)
2.4 gevolgtrekkings
3.1 ‘n
navorsingsvoorstel te skryf en verbaal aan te bied
3.2 ‘n
interimverslag te
3.3
‘n navorsingsverslag te skryf en verbaal aan te bied as ‘n
navorsingsrapport of plakkaatsessie waartydens geskikte oudio-visuele
hulpmiddels gebruik word.
Doelstellings, hipoteses, aannames, operasionele of werkdefinisies,
konseptuele en teoretiese raamwerke
Dit dek, onder meer vraelyste,
onderhoudskedules en skale
Slegs die mees algemene metodes word behandel, soos opnames
en eksperimente
ROOSTER EN
KONTAKGELEENTHEDE
Die module het ses praktikums en twee
tutoriale per week. Studente mag nie
sonder goeie redes afwesig wees van kontaksessies nie. Mediese sertifikate moet
voorgelê word of indien onvoorsiene omstandighede opduik, moet die studente die
dosent voor die bepaalde kontaksessie in kennis stel van afwesigheid. Omdat die kontaksessies praktikums en
tutoriale is, word daar werk binne klasverband afgehandel. Studente mag dus nie wegbly
nie. Die kontaksessie vir Projek
II en Projek I word afwisselend aangebied sodat studente moet reken op ‘n
bloktyd van ongeveer sewe weke vir elkeen van die projekte.
LEERGELEENTHEDE EN
OPDRAGTE
Kontaksessies:
Tydens die kontaksessies sal lesings aangebied word oor bepaal temas
soos hierbo genoem. Die opdragte sal ook
tydens kontaksessies breedvoerig bespreek word, terugrapportering word gedoen,
byvoorbeeld die navorsingsvoorstel en die interimverslag word in klastyd
(kontaksessies) gelewer.
Lesings:
Riglyne vir die skryf van navorsingsvoorstelle en –verslae sowel as
inligting oor navorsing soos hierbo uiteengesit, vind tydens lesings plaas.
Opdragte:
Studente moet ‘n navorsingsvoorstel, interimverslag en finale verslag
saamstel en daaroor rapporteer. Breedvoerige inligting oor wat verwag word, word tydens
kontaksessies aan die studente verskaf en verduidelik.
Selfstandige werk:
Studente moet self verantwoordelikheid neem om
die navorsing te beplan, deur te voer en te rapporteer. Die dosent speel die rol van raadgewer en
fasiliteerder.
STUDIEBRONNE
‘n Verskeidenheid naslaanbronne oor
navorsing sal gebruik word en moet deur studente self aangevul word. Handboeke wat in vorige modules gebruik is, moet noodwendig weer gebruik word. Bykomend hiertoe
1.
BLESS,
C & HIGSON-SMITH, C. 1995. Fundamentals
of social research methods. An African
perspective. 2nd ed.
2.
KRUEGER,
3.
LEEDY,
PD. 1997. Practical
research. Planning and design. 6th ed.
4.
MOUTON,
J. 1996.
Understanding social research.
5.
TOULIATOS,
Deurlopende evaluering word gedoen met die punteverdeling soos
volg:
1.
‘n
Navorsingsvoorstel (20%):
evaluering van die geskrewe navorsingsvoorstel en
die mondelinge voordrag daarvan
2.
‘n
Interimverslag (10%):
evaluering van die mondelinge voordrag van ‘n
tussentydse verslag
3. ‘n Finale verslag:
evaluering van die geskrewe verslag (30%)
evaluering van die mondelinge rapport of
plakkaatsessie (20%)
3.
‘n Toets (20%):
dit word in eksamentyd geskryf en handel
oor sekere teoretiese aspekte van navorsing soos hierbo uiteengesit
TEIKENDATUMS
Volgens die Universiteit van Stellenbosch se Eksamen- en
Toetsrooster vir 2005 skryf die studente op die volgende datum toets:
Novembereksamen: 8 November 2005 om
9:00
Datums vir inhandiging van die onderskeie take word in
oorleg met die studente bepaal.
Voorlopig word die volgende in vooruitsig
gestel:
Navorsingsvoorstel: 2 September 2005
Interimverslag: 3
Oktober 2005
Finale verslag: 9
November 2005
Aanbieding: 9-11
November 2005
2005