Tekstielwetenskap 414

 

Dosent se naam en kontakbesonderhede

Koördineerder en aanbieder:

Dr D Aldrich

Kantoor 109

Verbruikerswetenskapgebou

Telefoon:  808 3399

 

Doel van die module

Die doel van die module is om by studente die vermoë te ontwikkel om die tekstielkennis wat hulle in die vorige modules opgebou het, te verbreed en toe te pas in die bestudering van moderne vervaardigingstegnieke en kritiese evaluering van vakliteratuur en navorsing en hulle op hoogte te bring van navorsing binne die vakgebied.

 

 

Uitkomste

 

Na suksesvolle voltooiing van hierdie module sal die student  op hoogte wees van nuwe ontwikkelings en resente navorsing in:

·        die vervaardigings tegnieke en gebruike van tekstielmateriale, tekstielstofstrukture en afwerkings

·        verbruikersvereistes en eienskappe ten opsigte van tekstielstowwe

·        die ontwikkeling en effektiwiteit van bepaalde funksionele afwerkings en versorgingsmiddels vir tekstielstowwe

·        in staat wees om navorsingsartikels en die inligting daarin krities te evalueer  en toe te pas.

 

Taalspesifikasie

A

 

Studiemateriaal

Hatch, KL (1993):  Textile Science.  St Paul.  West Publishing Company.

Kadolph, SJ, Langford, AL,(1993): Textiles. 9th Ed. New York. Macmillan Publishing Company

Horrocks, AR, Anand,SC, (2000): Handbook of Technical Textiles. 1st Ed. The Textile Institute.

Corbman,BP, Textiles:Fiber to Fabric. 6th Ed. McGraw Hill Int Editions.

Relevante leeswerk uit vaktydskrifte en ander handboeke sal aangekondig word soos en wanneer nodig.

 

Leergeleenthede

Lesings en praktika sal volgens die Verbruikerswetenskap rooster plaasvind.  Lesings en tutoriale sal in die Verbruikerswetenskap gebou aangebied word in Lokaal 304 en praktika in lokale 2001 en 2017 van die  Skeikunde gebou.

 

Assessering

Daar word gepoog om die module op ‘n verskeidenheid maniere te assesseer, ten einde te verseker dat spesifieke uitkomste bereik word.

 

Terugvoer sal binne twee weke na inhandiging gegee word.

 

Amptelik toetsdatum:  20 April 2005

Eksamen datum:  31 Mei 2005

 

 

Berekening van klas-en prestasiepunt

Die klaspunt word bereken uit ‘n semestertoetspunt en ‘n praktiese punt behaal uit praktiese werk en studietake. Bywoning van industrie-besoeke en praktika is verpligtend vir die behaal van ‘n klaspunt.

 

Toelating tot eksamen

n Klaspunt van 40% moet behaal word vir toelating tot eksamen.