UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

DEPARTEMENT VERBRUIKERSWETENSKAP

 

 

BEHUISINGKUNDE 426

BEHUISINGBESTUUR

2005

 

 

DOSENT                   :           Prof. R van Wyk

KANTOOR                :           107

AFSPRAKE              :           Reël asseblief afsprake by die sekretaresse, me Amanda Siebrits

TELEFOON              :           021 - 8083397 (W)

                                    :           021 - 8833606 (H)

LESING LADING:                6 voorlesings per week:

                                                3 praktiese periodes per week

KLASTYD                 :           Dinsdae 11:00 – 16:50

Woensdae 14:00 – 16:50

 

DOEL VAN DIE KURSUS

§         Om studente toe te rus met die nodige kennis, vaardighede en houdings om binne die behuisingveld suksesvol as behuisingbestuurders te kan funksioneer.

 

ALGEMENE LEERUITKOMSTE 

 

§         Die leerder sal kennis en insig oor die beginsels van behuisingbestuur verwerf en sal die beginsels kan herken en toepas in gegewe situasies.

§         Die leerder sal kennis en insig oor projekbestuur vir behuisingontwikkeling verwerf, en in staat wees om die beginsels in ‘n gegewe situasie toe te pas.

§         Die leerder sal kennis en insig oor die Nasionale-, Provinsiale- en Munisipale behuisingbeleid van Suid-Afrika verwerf, en in staat wees om dit te evalueer.

§         Die leerder sal die basiese beginsels en kennis van eiendomsbestuur bemeester.

§         Die leerder sal die nodige vaardighede ontwikkel om inrigtings behuisingsprojekte en eiendom te bestuur en in te rig.

§         Die leerder sal praktiese ervaring in die praktyk van behuisingsbestuur opdoen.

§         Die leerder sal die beginsels en tegnieke van opleiding verstaan en toepas in die ontwikkeling van opleidingsprogramme vir behuisingverbruikers.

§         Die leerder sal die beginsels van volhoubare ontwikkeling verstaan en dit volledig kan toepas op behuisingontwikkeling.

§         Die leerder sal kennis en insig verwerf van die aard en omvang van gemeenskaps/sosiale behuising en die implementering daarvan in SA.

§         Die leerder sal kennis en insig verwerf oor die aard en omvang van die verskillende komponente van die behuisingsindustrie in SA. en die rol van werkgewers tot behuisingondersteuning en opleiding.

 

SPESIFIEKE LEERUITKOMSTE

 

Die inhoud van die leerplan is verdeel in verskillende onderwerpe. Verskeie van hierdie onderwerpe sal gedek word deur eksterne kenners op die spesifieke gebied. Spesifieke uitkomste aan die hand waarvan die werk bestudeer moet word, sal met die inleiding tot elke onderwerp verskaf word. Evaluering sal ook grootliks gegrond wees op die spesifieke leeruitkomste wat verskaf is.

 

                                   

ONDERWERPE

 

§         Inleiding tot Behuisingbestuur (konseptualisering, prosesse, modelle)

§         Behuisingbeleid

§         Behuisingontwikkelingsbestuur

§         Projekbestuur

§         Gemeenskap/Sosiale behuisingbestuur

§         Eiendomsbestuur

§         Inrigting/fasiliteitsbestuur

§         Volhoubare ontwikkelingsbestuur

§         Behuisingverbruikersopleiding:  Beleidsraamwerk

§         Bemagtiging van behuisingverbruikers

§         Behuisingonderrig en -opleiding

 

 

PRAKTIESE OPDRAGTE EN WERKSTUKKE

 

Studente sal gereeld praktiese opdragte en werkstukke ontvang wat uitgevoer moet word. Vir hierdie doel sal periodes geďdentifiseer word waartydens studente dit moet uitvoer en/of aanbied aan die klas.  Skriftelike terugvoer sal binne twee weke na die inhandiging van ‘n werkstuk of die afneem van ‘n toets gelewer word.

 

KLASPUNT EN PRESTASIEPUNT

 

Alle werkstukke, praktiese projekte, klastoetse, semestertoetse, klas deelname en bywoning sal in aanmerking geneem word vir die berekeninge.

 

ALGEMENE BEPALINGS

 

§         Sien Algemene jaarboek vir bepalings t.o.v. “Afwesigheid van klasse” en “Onbevredigende werk van studente”.

§         Alle doktersertifikate moet binne drie dae na die afwesige datum by die dosent ingehandig word.

§         ‘n Student wat werk inhandig wat nie sy/haar eie is nie, sal ongeag die klaspunt, nie toelating tot die eksamen kry nie.

 

Klasbywoning

§         Die bywoning van klasse is verpligtend. Daar word nie streng onderskei tussen lesing en praktiese periodes nie.

§         Afwesigheid kan, volgens die oordeel van die dosent, as ‘n punt bereken word en in berekening gebring word by die berekening van die klaspunt.

 

Werkstukke

§         Laat inhandiging vereis ‘n mediese sertifikaat

§         Punte sal afgetrek word vir werkstukke wat sonder ‘n geldige rede laat ingelewer word.

 

Toetse

§         Afwesigheid van ‘n toets vereis ‘n mediese sertifikaat

 

 

BEHUISINGBESTUUR 426

2005

 

Dinsdag 8 Feb

11:00-16:50

Inleiding en oriëntering tot die program. Uitkomste vd program.

Internet as hulpbron

 

Prof AS van Wyk

 

 

Woensdag 9 Feb

14:00-16:50

 

Behuisingonderrig en -opleiding: Navorsing

 

Prof AS van Wyk

Dinsdag 15 Feb

11:00-16:50

SA Behuisingsbeleid:  Internasionale en historiese perspektief

Nora Walker

Woensdag 16 Feb

14:00-16:50

“User friendly guide – SA Housing Code”

Nora Walker/Prof van Wyk

Dinsdag 22 Feb

11:00-16:50

 

SA Behuisingsbeleid: “Breaking new ground”

Nora Walker

Woensdag 23 Feb

14:00-16:50

 

Behuisinguitstappie

Prof van Wyk/John Hopkins/Nora Walker

Dinsdag 1Maart

11:00-16:50

 

Behuising Projekbestuur

Prof Bruce Boaden

 

 

Woensdag 2 Maart

14:00-16:50

 

Behuisingbestuur:  Konseptualisering, definiëring,  prosesse

 

Prof AS van Wyk

Dinsdag 8 Maart

11:00-16:50

 

Behuising Projekbestuur

Prof Bruce Boaden

Woensdag 9 Maart

14:00-16:50

Behuisingverbruikersopvoeding Beleidsraamwerk

 

Prof AS van Wyk

Dinsdag 15 Maart

11:00-16:50

 

Projekbestuur

Prof B Boaden

Woensdag 16 Maart 10:00-16:50

Kapasiteitsbouprogramme vir behuisingverbruikers:  Voorbeelde van programme en Opdrag

 

Prof AS van Wyk

Dinsdag 22 Maart

11:00-16:50

 

Projekbestuur

Prof B Boaden

Woensdag

23 Maart

10:00-16:50

 

Kapasiteitsbouprogramme vir behuisingverbruikers

Prof AS van Wyk

 

24 MAART EINDE VAN DIE EERSTE KWARTAAL

 

 

Dinsdag 5 April

11:00-16:50

Behuising Projekbestuur

Prof Bruce Boaden

 

 

Woensdag 6 April 14:00-16:50

Kapasiteitsbouprogramme vir behuisingverbruikers

 

Prof v Wyk

 

Dinsdag 12 April

11:00-16:50

 

Volhoubare Ontwikkeling

Me Lorraine Gerrans

CT Unicity

Woensdag

13 April

14:00-16:50

 

Sosiale behuising:  Nuwe beleidsraamwerk

Prof van Wyk/Odette Crofton SHF

Dinsdag

19 April

11:00-16:50

 

Volhoubare ontwikkeling

Lorraine Gerrans

CT UniCity

Woensdag

20 April

14:00-16:50

 

Volhoubare ontwikkeling en implikasies vir behuisingontwikkeling

Prof AS van Wyk

Dinsdag 26

28 April

11:00-16:50

“Housing and the world of work”

Die rol vd privaatsektor in behuising

Prof AS van Wyk

 

 

Woensdag 27 April: Vryheidsdag

 

 

Dinsdag

3 Mei

11:00-16:50

 

Bestuur van Gastehuise

Mev Hanel van Reenen

Manor on the Bay

Woensdag 4 Mei

14:00-16:50

 

Sustainability Institute

Prof AS van Wyk

Dinsdag 10 Mei

11:00-16:50

 

Eiendomsbestuur

Mev Pam Snyman

Pam Golding Eiendomme

Woensdag 11 Mei

14:00-16:50

 

Behuisingbestuur in Ontwikkelende Lande

Prof van Wyk

 

Dinsdag 17 Mei

11:00-16:50

 

Lewering en evaluering van kapasiteitsbou programme

Prof AS van Wyk

Woensdag 18 Mei

14:00-16:50

Oriëntering tot die eksamen en praktykopleiding

 

Prof AS van Wyk

23 - 27 MEI: BEKENDMAKING VAN KLASPUNTE

 

JUNIE-EKSAMENS