UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

 

DEPARTEMENT VERBRUIKERSWETENSKAP

 

BEHUISINGKUNDE 478: BEHUISINGPROJEK

2005

 

DOSENTE                :           Dr. RM Albertyn

KANTOOR                :           115

AFSPRAKE              :           Reël asseblief afsprake vooraf

TELEFOON              :           021 8083393 (W)

                                    :           021 8511313 (H)

0829266899

LESING LADING:                3 voorlesings per week:

                                                3 praktiese periodes per week

KLASTYD                 :           Donderdae 09:00 – 14:50

 

 

DOELSTELLING VAN DIE MODULE

 

Om aan studente die geleentheid te bied om ‘n navorsingsprojek uit te voer waarin hulle die geleentheid kry om die kennis, begrip en vaardighede wat hulle gedurende die vierjarige program opgedoen en ontwikkel het, te demonstreer.

 

ALGEMENE LEERUITKOMSTE

Na afhandeling van hierdie module sal studente:

·        Kennis en praktiese ondervinding besit van navorsing in die algemeen en ook van spesifieke navorsingsmetodes en tegnieke wat toegepas kan word in die waarneming en evaluering van die fisiese omgewing asook die gedrag van mense in verskillende omgewings (Omgewingsgedrag navorsing).

·        Krities oor aktuele behuisingsonderwerpe binne die SA konteks kan besin en navorsingsgeleenthede en prioriteite kan bepaal.

·        Selfstandige studie oor verskillende behuisingsaspekte kan doen.

·        Verskillende naslaanbronne kan benut in literatuursoektogte bv biblioteek- en Internetbronne.

·        Kennis en insig besit oor die huidige Suid-Afrikaanse behuisingsomstandighede.

·        Navorsingsprojekte kan beplan, uitvoer, dokumenteer en evalueer.

·        Professionele navorsingsrapporterings kan doen deur middel van “Power Point” aanbiedings.

 

SPESIFIEKE LEERUITKOMSTE:

Nadat die navorsingsprojek voltooi is, sal:

 

§         Studente in staat wees om ‘n navorsingsprobleem te identifiseer wat relevant binne die Suid-Afrikaanse konteks is.

§         Studente na aanleiding van die probleemstelling ‘n gepaste titel vir hul navorsingsprojek kan bewoord.

§         Studente ‘n volledige motivering vir die keuse van die spesifieke probleem as navorsingsprojek kan verskaf.

§         Studente geskikte doelstellings, subdoelstellings en/of hipotesis vir die navorsing kan ontwikkel

§         Studente in staat wees om ‘n konseptuele raamwerk, wat die verband tussen verskillende konsepte/veranderlikes duidelik aantoon, kan opstel en beredeneer.

§         Studente aannames waarop die studie berus kan identifiseer en uitspel.

§         Studente ‘n literatuurstudie oor die navorsingsonderwerp uitvoer deur gebruik te maak van vakwetenskaplike tydskrifartikels, boeke, Internet bronne, tesisse, proefskrifte en verslae/dokumente/wette en dit opskryf volgens die riglyne van die Werkstukhandleiding van die Departement Verbruikerswetenskap.

§         Studente die vermoë ontwikkel om ‘n wetenskaplike skryfstyl in die uitvoering van die navorsingsprojek te handhaaf.

§         Studente in staat wees om geskikte omgewing-gedrag navorsingstegnieke te identifiseer en volledig te beskryf vir die uitvoering van die spesifieke navorsingsprojek.

§         Studente die navorsingsprosedure wat vir hul spesifieke projek gevolg sal word in detail kan beskryf en regverdig.

§         Studente in staat wees om die nodige meetinstrumente wat vir hul projek benodig word te identifiseer, ontwikkel en implementeer.

§         Studente die navorsingsprosedure waarop besluit is uitvoer tydens die insameling van data.  Hulle sal in staat wees om dit krities te evalueer en om aanbevelings vir die verbetering daarvan te maak.

§         Studente in staat wees om versamelde data vas te lê, te verwerk en sinvol aan te bied deur middel van rekenaargesteunde tegnieke bv. tabelle, grafieke, pie charts ens.

§         Studente in staat wees om die navorsingsbevindinge sinvol te bespreek en logiese gevolgtrekkings en aanbevelings aan die hand daarvan te ontwikkel.

§         Studente ‘n volledige navorsingsverslag wat al bogenoemde elemente insluit kan opstel en aanbied.

§         Studente in staat wees om ‘n Power point aanbieding van hul navorsingsverslag te lewer volgens die kriteria vir wetenskaplike kongresoptredes.

§         Studente in staat wees om aan die hand van wetenskaplike kriteria hul eie asook ander studente se navorsingsverslae krities te kan evalueer.

 

ONDERWERPE:

Die volgende onderwerpe sal gedurende die jaar voltooi word:

·        Behuisingnavorsing, historiese perspektief

·        Navorsingsmetodologie en navorsingstrategie

·        Die beplanning van ‘n navorsingsprojek

·        Die navorsingsvoorstel

·        Data-insameling

·        Datavaslegging en verwerking

·        Dokumentasie van die navorsing

·        Die navorsingsverslag

 

STUDIEMATERIAAL:

Nougesette en deeglike voorbereiding is noodsaaklik sodat u op ’n ingeligte en entoesiastiese wyse aan klasbesprekings kan deelneem.

Die onus vir die bemeestering van hierdie kursus rus op die student self.  Die verantwoordelikheid berus dus by u om die klasse gereeld by te woon en voldoende studietyd aan die kursus te bestee.  Die klem val op selfwerksaamheid op ’n gereelde basis.

Hierdie kursus is ontwikkel sodat nie alleen u vakkennis t.o.v. Behuisingkunde verdiep nie, maar ook om professionele en persoonlike vaardighede optimaal te ontwikkel deur die uitvoering van ‘n navorsingsprojek.

 

TAALSPESIFIKASIE VAN DIE MODULE :

 

Hierdie vak word hoofsaaklik in Afrikaans aangebied maar besprekings sal aangebied word in Engels indien nodig. Altwee tale sal gebruik word na aanleiding van die studente in die klas se behoeftes. Eksamens/toetse sal in beide tale uitgedeel word.

 

PRAKTIESE TOEPASING EN OPDRAGTE:

Studente sal gereeld praktiese opdragte ontvang.  Sommige kan in die lesingsaal voltooi word, ander sal weer veldstudie of  biblioteek en Internet soektogte  behels.

Gedurende die jaar word ’n navorsingsprojek beplan, deurgevoer en aangebied.   Studente mag alleen of in groepe van nie meer as 4 nie, saamwerk aan die navorsingsprojek.  n Volledige navorsingsvoorstel word gedurende die eerste semester voltooi en die navorsing word gedurende die tweede semester uitgevoer .  n Volledige navorsingsverslag word geskryf en voorgedra. 

 

EVALUERING / BEREKENING VAN PRESTASIEPUNT

Evaluering sal deurlopend gedurende die jaar geskied.  Die volgende sal in berekening gebring word vir die berekening van die prestasiepunt:

§         n Navorsingsvoorstel:  evaluering van geskrewe vorm en mondelinge voordrag (20%)

§         n Interimverslag:  evaluering van mondelinge voordrag (10%)

§         ‘n Finale verslag:  evaluering van geskrewe verslag en van ‘n mondelinge rapport of plakkaatsessie (30% en 20%); en

§         n Toets in eksamentyd geskryf oor sekere teoretiese aspekte van navorsing (20%).

§         Alle klastoetse, werkstukke, die navorsingsprojek word in aanmerking geneem by die berekening van bogenoemde.


BEHUISINGPROJEK 478

 

DATUM

ONDERWERP

VERANTWOORDELIKE PERSONE

Donderdag 10 Feb

09:00

 

Inleiding en orientering tot die program.

Praktykopleidingsinstansies

4 Navorsingsartikels opdrag vir 24 Februarie

 

Dr Albertyn

 

Donderdag 17 Feb

09:00

 

Lewering en bespreking v navorsingsartikels opdrag. Opdrag vir 3 Maart

 

Dr Albertyn

Studente

Donderdag 24 Feb 09:00

 

Nav onderwerp, probleemfor-mulering, motivering, doel-stellings.

 

Dr Albertyn

Studente

Donderdag 3 Maart

09:00

 

Probleemformulering, motivering, doelstellings: Lewering

 

Dr Albertyn

Studente

Donderdag 10 Maart 09:00

 

Konseptuele raamwerke

Opdrag vir 24 Maart

Dr Albertyn

 

Donderdag 17 Maart

09:00

 

Opleiding mbt die biblioteek katalogus

Me M Terblanche

Donderdag 24 Maart

09:00

Lewering en bespreking van konseptuele raamwerke

 

Dr Albertyn

Studente

 

 

 

 

 EINDE VAN DIE EERSTE KWARTAAL

 

 

Donderdag 7 April

09:00

Konseptuele raamwerke en Literatuurstudies

 

Dr Albertyn

 

Donderdag 14 April

09:00

 

Navorsingsmetodes en tegnieke:

Finalisering v praktykopleiding-instansies

 

Dr Albertyn

 

Studente

Donderdag 21 April

09:00

 

Navorsingsmetodes en tegnieke:  Vraelyskonstruksie

Dr Albertyn

 

Donderdag 28 April 09:00

 

Konseptuele raamwerke en Literatuurstudies lewer

Dr Albertyn

Studente

Donderdag 5 Mei

MAANDAGROOSTER

 

Donderdag 12 Mei

09:00

 

Finalisering van navorsingsvoorstelle

Dr Albertyn

 

Studente

Donderdag  19 Mei

09:00

 

Lewering van navorsingsvoorstelle

 

Dr Albertyn

Studente

Donderdag 26 Mei

09:00

 

Navorsingsopnames:

data-insameling- finalisering

Studente

 

 

EINDE EERSTE SEMESTER 27 MEI

PRAKTYKOPLEIDING GEDURENDE 3DE KWARTAAL

 

Donderdag 15 Sept 

09:00

 

Finalisering van opnames

Studente

Donderdag 22 Sept  09:00

 

Skep van databasisse- Access

Koos Engelbrecht

Donderdag 29 Sept

09:00

 

Datavaslegging en –verwerking

Nelius Boshoff

Donderdag 6 Okt

09:00

 

Skryf van ‘n navorsingsverslag

Dr Albertyn

Studente

Donderdag 13 Okt

09:00

 

Skryf van navorsingsverslae

Handig interim verslag in

Dr Albertyn

Studente

Donderdag 20 Okt

09:00

 

Lewering en evaluering van navorsingsverslae

 

Dr Albertyn

Studente

 

 

28 OKTOBER EINDE VAN FORMELE VOORLESINGS

 

 

* Bostaande  voorgestelde datums mag gewysig word indien omstandighede dit vereis.