30 Augustus 1999

Prof Van Wyk

(Die Hoofdirekteur: Menslike Hulpbronne)

Na aanleiding van verskeie navrae van dosente, het die bestuur van die Dosentevereniging my gevra om die volgende versoek tot u te rig:

Dat daar, soos in die verlede, aan individue 'n skrywe sal gaan wat uiteensit wat sy/haar nuwe totale besoldiging vir die volgende jaar sal wees.

Dit is onvoldoende om op betalingsadviestrokies aan te dui dat "verdere inligting" van 'n omgewingshoof ingewin kan word. Die omgewingshoof doen nie die finale rekenkundige berekeninge nie en kan dus nie instaan vir moontlike foute nie. Die omgewingshoof is ook, per slot van sake, nie die wergewer nie. Die werkgewer se verpligting om inligting aan werknemers te verskaf kan nie op hierdie manier hanteer word nie.

Dit is regtig vir my jammer dat dit hoegenaamd nodig is om so 'n skrywe tot u te rig, aangesien dit so 'n vanselfsprekende en fundamentele stukkie kommunikasie is wat normaalweg na elke salarisaanpassing na werknemers deurgegee word. Ek vertrou dat u so spoedig moontlik die probleem sal kan oplos.

Dr S Thom

Voorsitter: Dosentevereniging