Geagte kollegas

1999 JAARVERSLAG VAN DIE VOORSITTER VAN DIE DOSENTEVERENIGING VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH (28 OKTOBER 1999)

Kommunikasie met lede

Dit lyk of e-poskommunikasie nou gevestig is en die lede-lyste redelik op datum bly, sodat lede vinnig ingelig kan word oor sake. So ver doenlik word kopieë van die bestuur se skriftelike kommunikasie met sentrale bestuur op die Dosentevereniging (DV) se webtuiste (http://www.sun.ac.za/dosente/) geplaas vir algemene insae. As daar lede is wat probleme ondervind met kommunikasie met en van die DV, sal ons dit waardeer as u dit onder ons aandag bring. Kontak asseblief die vereniging se sekretaris.

SAPTU

Ons wil weereens ons lede sterk aanmoedig om by die vakunie aan te sluit, alhoewel meer as 70% van die lede van die DV reeds lid is van SAPTU.

Die DV bestuur kom telkens voor die probleem te staan, dat ons net gekonsulteer word. Ons kan bv. glad nie oor die onbillikheid van 地 0% "verhoging"/ salarisaanpassing onderhandel nie. Ek besef daar is lede wat voel dat hulle nie wil hê dat iemand anders namens hulle oor salarisse moet onderhandel nie, maar dit lyk asof enige onderhandeling oor diensvoorwaardes in elk geval beter gaan wees as niks.

[Sodra Saptu meerderheidsverteenwoordiging het, val onderhandelingsregte hulle onmiddellik toe en sal minstens 地 groep werknemers geken moet word in bv. salarisonderhandeling.]

Dit is dus duidelik dat die DV nie wat werknemervoordele betref werklik iets vir hulle lede kan doen nie - nie omdat ons nie probeer nie, maar omdat ons nie onder die wet daardie soort magte het nie. Net kollektiewe bedinging kan vir verbeterde diensvoorwaardes onderhandel. Natuurlik lewer die DV insette waar moontlik en funksioneer ons as "wakker waghond" op die komitees waar ons dosente belange moet verteenwoordig. Ons het egter nie die "outoriteit" wat nodig is om 地 wesentlike verskil te maak nie!

In die lig hiervan is dit duidelik dat die DV nou al hoe meer die funksie vervul van 地 "identifiseerbare" groep personeellede waaruit verteenwoordigers verkies kan word om bv. dosente op die Institusionele Forum, die Raad, die Senaat ens. te verteenwoordig. Vantevore het mense aanvaar dat die DV-verteenwoordigers op bv. die Senaat dien om goed geinformeer te bly oor die verskillende funksies van daardie liggaam. En aangesien die Senaat hom met akademiese kwessies besig hou wat normaalweg alreeds deur Fakulteitskanale gegaan het of deur subkomitees hanteer is, is daar nie groot moontlikhede vir insette deur die twee verteenwoordigers van die DV nie.

Die dosente-posisie het intussen drasties verander. Die Institusionele Forum (IF) kan bv. as raadgewende liggaam self ook punte op die Raadsagenda plaas. Dit raak dus besonder belangrik om dosente nie net behoorlik op die IF te verteenwoordig nie, maar ook om so 地 verteenwoordiger in staat te stel om terugvoer aan dosente te kan doen en insette van dosente te kan verkry oor die sake wat deur die IF bespreek gaan word. (Sulke bespreking sluit bv. die basiese besigheid ("core business") van die universiteit asook fundamentele sake soos die taalbeleid, die Institusionele Plan ens. in).

Die DV het tans 地 komitee wat werk oor die posisie van die DV vorentoe (en die strukture waarbinne en die prosedures waarvolgens die DV sal moet funksioneer). Ons sal dit dus besonder waardeer as lede van die DV tydens die jaarvergadering hulle eie insette sal kom lewer!

Finansies

Die tesourier se finansiële state is apart beskikbaar. Daaruit blyk dit dat die finansiële basis van die Vereniging gesond is.

USAF

地 USAF nuusbrief verskyn nou elke ses maande om lede op hoogte van sake te hou. Behalwe toesighouding het trustees die afgelope jaar o.a. die kwessie van die uitbreiding van beleggingskeuses vir individuele lede ondersoek. Ongelukkig moes die trustees tot die gevolgtrekking kom dat soos sake tans staan, individuele keuses die fonds (en dus daarmee saam die individuele lid) te duur te staan sal kom. Die blote bied van keuses (of sulke keuses uitgeoefen word al dan nie) verhoog die administrasie-koste van die fonds en verminder dus die geldwaarde wat die lede toeval. Daarbenewens genereer individuele keuses per transaksie nog verdere kostes.

Nuwe Verlofregulasies

Die nuwe verlofregulasies is, weens die insette van die DV, nie op almal afgedwing nie. Werknemers het 地 keuse gehad onder watter verlofstelsel hulle wou inskakel. Dit is duidelik dat die finansiële voordele wat onder die nuwe stelsel by die uitbetaling van verlof ter sprake gekom het, die hoof oorweging was wat dosente gemotiveer het oor te skakel. Meer as 35% van die werknemers wat op uitbetaling kon aanspraak maak het reeds in Junie (voor die "verhoging") aansoek gedoen vir hierdie uitbetalings en 地 verdere ongeveer 30% in Julie.

Advieskomitee oor veiligheid

Daar word aandag gegee aan die installering van TV-kameras op die kampus. Verder word parkering opgegradeer sodat toegang elektronies beheer kan word en werknemers minstens seker van parkeerplek by die werksplek kan wees.

Korttermynversekering (Groepskema)

Ons herhaal graag wat ons verlede jaar onder u aandag gebring het. Met ingang November word ons premies gewoonlik aangepas. Dit is definitief die moeite werk om na te dink of mens nie dalk 地 nuwe rekenaar die afgelope jaar gekoop het, wat versekeringaanpassings sou noodsaak nie!

Ons wil dit graag weer onder kollegas se aandag bring dat om 地 bietjie tyd te spandeer aan die nagaan van u versekeringspolis, u dalk heelwat geld kan bespaar. Reële verlagings van maandelikse paaiemente is moontlik, selfs met verbeterde dekking. Verder kan daar dan ook nie van onderversekering sprake wees nie.

Mediese Fonds

Aan die begin van Maart het die Universiteit van Sanmed na Metropolitan Health (Methealth) oorgeskakel. Hierdie oorskakeling het na baie deeglike oorweging plaasgevind, maar was dringend noodsaaklik in die lig van Sanmed se verhoging van premies met 地 gepaardgaande vermindering van voordele. Dit lyk of die nuwe skema, na 地 paar tandekry probleme, doeltreffend funksioneer. Daar is wel dralende probleme met die dekking van chroniese medisyne, wat aandag geniet. Ongelukkig het alle mediese fondse op hierdie dekking ingekort en argumente dat lede onder Sanmed beter daaraan toe was, gaan dus nie op nie!

Bedanking

Ek sluit my verslag graag af deur my besondere dank aan al die lede van die bestuurskomitee van die Dosentevereniging uit te spreek en ook aan al dié van u wat insette op verskeie vlakke en op 地 verskeidenheid van terreine gelewer het die afgelope jaar. Ek wil ook veral ons sekretaris, Dr Rolf Annas, bedank vir alles wat hy vanjaar en deur die jare vir die vereniging gedoen het. Dit was vir my 地 besondere voorreg om met sulke bestuurslede te kon saamwerk.

Met vriendelike groete

Sjarlene Thom

(1999 Voorsitter: Dosentevereniging)