SUN TUISBLADMy MatiesFakulteit NatuurwetenskappeNAVORSING@SUN

+

ENGLISH

Gemeenskapsinteraksie Programme
TUISPERSONEELSTUDENTEPROGRAMMENAVORSINGFASILITEITENUUSGEMEENSKAPVEILIGHEIDKONTAK2012 PSSA Kongres

Strategiese doelwitte vir gemeenskapsinteraksie

Verhoogde betrokkenheid en teenwoordigheid in plaaslike, nasionale en internasionale gemeenskappe met die doel tot groter bewusmaking van die rol van Fisiologiese wetenskappe in die mens en sy omgewing. Die oorhoofse meganisme van gemeenskapinteraksie is gebasseer op die aanwending van wetenskaplike kundigheid (beide akademiese en navorsingskundigheid) as uitreiking na gemeenskappe (die breër publiek en verskeie ander wetenskapsfere).

‘n Kern fokus van die departement berus op die ontwikkeling van jong mense (skoolkinders) deur middel van loopbaan bewusmaking tydens skoleskakelings, ope dae, winter week, en ander aanbiedings vir skole. Verder is die disseminasie van inligting aan die breër wetenskapsfeer, die algemene publiek via verskeie forums (uitsaai en geskrewe media, kongres aanbieding, wetenskaplike tydskrifte en boeke ens.) ook 'n kern fokus.

Huidige Projekte

 

Titel

Aksie en Teikengroep

Jaarlikse skole opedag

Jaarliks word groepe belangstellende graad 11-12 leerders van verskeie Weskaapse skole na die departement genooi vir 'n dag vol uitstallings, aanbiedings en inligtingsessies. Die nagraadse studente van die departement deel hulle ervaringe en kundigheid via direkte interaksie met die skool kinders.

Eskom Expo vir jong wetenskaplikes, Stellenbosch Streeks kompetisie

 Jong opkomende wetenskaplikes van die Weskaap Provinsie omgewing ding jaarliks mee aan die ESKOM Expo waarin die Departement verskeie personeel afvaardig om insette te lewer en op te tree as beoordeelaars.

Boland Atletiekklub

 

HIV kliniekuitreik

Fisiologie is "Cool"

Leerders van die omliggende Cloetesville, Idasvallei en Kayamandi word deur SMM geborg om fisiologiese wetenskappe as studierigting te verken.  Hierdie skole word as minderbevoorreg beskou maar terselfdetyd 'n bron van skoliere wat puik prestasies bereik.  Deur die uitreikprogram kan die Department hierdie skoliere identifiseer en ook 'n diens lewer aan die gemeenskap.