SUN TUISBLADMy MatiesFakulteit NatuurwetenskappeNAVORSING@SUN

+

ENGLISH

Akademiese Programme
  TUISPERSONEELSTUDENTEPROGRAMMENAVORSINGFASILITEITENUUSGEMEENSKAPVEILIGHEIDKONTAK2012 PSSA Kongres
 

Toelatingsvereistes vir universiteitstudie volgens die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS):
 

Om by die Universiteit Stellenbosch te kan studeer volgens die nuwe nasionale skoolkurrikulum vir die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase, moet jy:

  • In besit wees van 'n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi
  • Minstens 'n 4 (50%) in elk van vier skoolvakke uit die lys van aangewese universiteitstoelatingsvakke behaal
  • Universiteit Stellenbosch se Toegangstoetse (TGT's) aflê
  • 'n Gemiddelde van minstens 55% vir die TGT's en NSS gesamentlik in die verhouding 40:60 behaal

Vir verdere inligting, raadpleeg die 2012 Jaarboek

 

Spesifieke toelatingsvereistes vir BSc in Biodiversiteit en Ekologie en BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie

  • TGT's: Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Akademiese Geletterdheid (Afr. & Eng.)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4
  • Wiskunde 4
    Indien jy Wiskunde 114, 144 en Fisika 114, 144 neem:
  • Fisiese Wetenskappe 4
    Indien jy Wiskunde (Bio) 124 en Fisika (Bio) 178 neem:
  • Fisiese Wetenskappe 4 OF
  • Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4

 

Raadpleeg die Natuurwetenskappe Jaarboek en die Fakulteit Natuurwetenskappe se tuisblad vir verdere inligting.