|
Fisiologie as dissipline sluit ondermeer die studie van lewende
sisteme, van sub-sellulêre en sellulêre vlak, tot orgaan en
heelliggaam gedrag in. Die algemene beginsels plaas klem op die
interaksie van lewende organismses met hul omgewing, konsepte
van energie metabolisme en verskeie biologiese beheersisteme,
asook ‘n oorsig van wetenskaplike metodes.
Die kursus behandel die hooforgaansisteme in ‘n oorsig van
fisiologiese funksionering en lei tot ondersoek van meer
geïntegreerde aspekte van liggaamsfunksionering. Praktiese werk
in die laboratorium komplimenteer die teorietiese lesings. Hierdie
sluit in, in vitro studies
van orgaanfunskionering wat veral klem lê op die bruikbaarheid
van heelliggaam bestudering en verklaring van fisiologiese
beginsels.
Navorsingsprojekte in die department beslaan fisiologiese
ondersoeke in kardiovaskulêre en oefeningsfisiologie, beide
areas wat nou verwant aan mekaar is.
Om gedurig te steef na uitmuntendheid in ons kern aktiwiteite,
i.e. navorsing, onderrig en gemeenskapsinteraksie, en daardeur
‘n wêreldklas akademiese fasiliteit te vestig.
Die missie van die Department Fisiologiese Wetenskappe is om ‘n
merkwaardigheid-gedrewe benadering te huisves om sodoende die
fisiologie/patofisiologie van die menslike liggaam te verstaan,
deur gebruik te maak van snykantnavorsings metodes en ‘n
geïntegreerde benadering te handhaaf wat oor verskeie vlakke van
organisering, vanaf molekulêre tot heelliggaam strek. Ons
department se missie is om dreigende gesondheid aspekte wat
ernsitge uitdagende laste op die gemeenskap inhou, te ondersoek.
Die doelwit is om innoverende oplossings te vind wat verbeterde
gesondheid en welsyn vir almal kan verseker. Die
ontwikkeling, bevordering en verspreiding van kennis is daarom
ons sentrale fokus en is sigbaar in ons navorsing, onderrig en
gemeenskapsinteraksies. Ons
glo sterk daaraan dat ons mense ons mees deurslaggewende bron
van ons missie is om die volle potensiaal van alle personeel en
studente te ontwikkel.
Deur hierdie filosofie in te sluit onderneem ons departement om
‘n eersteklas onderrigbasis vir ons studente te bied (beide
voorgraads en nagraads). Hierdie
benadering stel hulle in staat om analitiese en
intregreringsvermoë, onafhangklike denke en hoogs
gespesialiseerde tegnieke aan te leer wat hulle verder in staat
sal stel om die kompeterende arbeidsmag te betree, en om
sodoende die mens, gesondheid en welsyn beter te dien.
Ons is bewus van ons verantwoordelikheid om kennis te versprei
aan die gemeenskap om algehele lewenskwaliteit te verbeter,
fisiologie as onderrig dissipline, navorsing en hoër onderwys na
te streef. Deur
hierdie diens te lewer, poog ons daarin om die gaping in
opvoeding, ekonomiese en kulturele verskille onder Suid
Afrikaners te vernou en daardeur toekomsgroei en ontwikkeling
van ons land te verseker.
Kliek HIER vir
skematiese voorstelling van die departement. |