|
Twee jong wetenskaplikes van uiteenlopende velde
verbonde aan die Fakulteit Natuurwetenskappe se uitstaande bydraes
tot die wetenskap is pas erken deur toekennings van die Nasionale
Navorsingstigting (NNS) tydens die jaarlikse
Presidentstoekenningseremonie.
Teoretiese kernfisikus dr
Brandon van der Ventel en stamselnavorser dr Carola Niesler is
vereer op grond van die Y-gradering wat hulle in 2004 verkry het.
Hulle het hierdie aansporingstoekennings ontvang saam met
sewe ander jong wetenskaplikes onder 35 jaar oud van die
Universiteite van Pretoria, Kaapstad en Kwazulu-Natal, asook die
Schonland Navorsingssentrum by die Universiteit van die
Witwatersrand en Krygkor.
Dit is aan hulle oorhandig deur die
minister van Wetenskap en Tegnologie, Mosibudi Mangena by n
spoggeleentheid in Pretoria se Sammy Marks Konverensiesentrum. By
dieselfde geleentheid is die Presidentstoekenning as A-ge๋valuerde
ontvang deur chemiese ingenieur prof Diane Hildebrant van die
Universiteit van die Witwatersrand, terwyl n P-evaluering toegeken
is aan die opkomende jong hartsiektenavorser prof Bongani Mayosi van
die Universiteit van Kaapstad.
Dit is die eerste keer dat
die NNS ook Y-gegradeerde wetenskaplikes op hierdie manier by die
Presidentstoekenningseremonie vereer.
Dr Niesler is die
groepleier van die navorsingsgroep oor spierstamsel biologie in die
Departement Fisiologie. Di้ gewilde jong lektor is onder meer die
mede-direkteur van die Mediese Navorsingsraad se Inter-Universiteit
Kaapse Hartgroep.
Sy doen haar navorsingswerk oor die
gebruik van stamselle om spierweefsel te herstel aan te help in
samewerking met talle prominente navorsers in Suid-Afrika, Duitsland
en die VSA. Sy is ook n wetenskaplike raadgewer vir die
nuutgestigte biotegnologiemaatskappy Lazaron Stem Cell
Biotechnologies (SA), wat die eerste stamselbank in Afrika op die
been bring.
Dr Van der Ventel, wat s๊ hy is op sesjarige
leeftyd tydens n wetenskapsdemonstrasie gebyt deur die
fisika-gogga, fokus op die teoretiese aspekte van kernfisika.
Sy navorsing hou sterk verband met eksperimentele werk wat
by versnellersentrums soos Suid-Afrika se iThemba Labs en die
Jefferson Laboratorium en Fermi Laboratorium in die VSA gedoen word.
As deel van die Departement Fisika se Teoretiese Kernfisika
Navorsingsgroep fokus hy op die ontwikkeling van teoretiese modelle
waardeer die eksperimentele data wat by hierdie versnellersentrums
geneem word, verstaan kan word.
|