|
Die Departement Fisiologiese Wetenskappe het hul
nuutingerigte kwartiere in die Mike de Vries Gebou (voorheen bekend as die
DF Malan Gebou) luisterryk gevier met ‘n skemerkelkie funksie, waartydens
die naamsverandering van die gebou ook amptelik plaasgevind het.
By die geleentheid het Reneé de Vries, vrou van wyle prof Mike de
Vries, voormalige rektor van die Universiteit van Stellenbosch, in die
teenwoordigheid van familie en belangstellendes die nuwe naam van die
gebou amptelik onthul.
As deel van die feesvieringe is ‘n opedag ook gehou,
waartydens leerlinge van Kayamandi Sekondêr wat Biologie op skool studeer,
die kans gekry het om die fasiliteite eerstehands te besigtig en uit te
toets, asook om meer oor die voorgraadse kursusse en navorsing wat in die
departement gedoen word, te leer.
Foto: Reneé de Vries, vrou
van wyle prof Mike de Vries, voormalige rektor van die Universiteit van
Stellenbosch, het die onthullingsplegtigheid waargeneem. By haar is prof
Kathy Myburgh, voorsitter van die Departement Fisiologiese
Wetenskappe.
Building's new name celebrated
To
celebrate their newly refurbished quarters in the Mike de Vries Building
(previously known as the DF Malan Building), a cocktail function was held
by the Department of Physiological Sciences during which the building’s
new name was also unveiled.
Reneé de Vries, wife of the late Prof
Mike de Vries, former rector of Stellenbosch University, unveiled a plaque
to celebrate the occasion.
An Open Day was also held, which gave
Biology pupils from Kayamandi Secondary the chance to experience and try
out the new facilities firsthand, as well as to learn more about the
undergraduate programmes and research work done in the department.
Photo: Reneé de Vries, wife of the late Prof Mike de Vries,
rector of Stellenbosch University, at the unveiling ceremony with Prof
Kathy Myburch, chairperson of the Department of Physiological
Sciences.
|