MA/MSc (Kliniese Sielkunde)  

ALGEMENE INLIGTING en KURRIKULUM

Programkoordineerder: , tel:+27-21-3460
Kontakpersoon:
, Tel: +27-21-8083461


Baie dankie vir u belangstelling in ons nagraadse opleiding in Kliniese Sielkunde. Ons waardeer dit dat jy die Universiteit van Stellenbosch vir hierdie opleiding oorweeg.

Hierdie blad het ten doel om inligting oor die opleidingsprogram en die voorafgaande seleksieproses te verskaf.

Soos u weet, word 'n nuwe bedeling vir die opleiding van sielkundiges in die vooruitsig gestel. Die bestaande vereistes van die Beroepsraad vir Sielkunde behels 'n Magistergraad en eenjarige internskap. Volgens die jongste besluit van die Beroepsraad sal studente vanaf 1 Januarie 2004 by universiteite vir 'n doktorsgraad moet registreer om as sielkundige opgelei te word. Studente wat in 2003 met opleiding begin, doen dus steeds 'n Magistergraad en het die opsie om daarna met 'n doktorsgraad voort te gaan, indien hulle so verkies. Ons opleiding in die magisterprogram in Kliniese Sielkunde is soos volg gestruktureer:

Vir hierdie gedeelte word leeswerk deur studente vereis wat deur besprekings en seminare gevolg word.

Die tweede komponent van die eerste jaar behels praktiese werk en supervisie . Studente dra 'n gevallelading en ontvang deurlopend supervisie.

'n Navorsingskomponent vorm die derde deel. Van studente word verwag om 'n werkstuk te voltooi.

Die program word in Engels aangebied.

Aan die einde van die eerste jaar volg 'n omvattende eksamen. Indien die eksamen geslaag word en die navorsingskomponent voltooi is, word 'n Magistergraad in Kliniese Sielkunde aan die einde van die eerste jaar toegeken.

Die tweede jaar behels 'n eenjarige internskap van 12 maande by 'n geakkrediteerde instansie.

Toelating tot die professionele opleidingsprogram in Kliniese Sielkunde is van keuring afhanklik wat jaarliks in Augustus plaasvind. In die verband is die volgende inligting belangrik:

U word vriendelik versoek om die Departement Sielkunde op 1 Augustus, of so spoedig moontlik daarna, te skakel (tel. 021-8083461). U sal dan ingelig word of u tot die keuringsproses toegelaat is en op watter dae gedurende die week van 20 tot 22 Augustus u op Stellenbosch vir keuring moet aanmeld.

Vir verdere inligting en navrae skakel (tel: 021-8083461)

Terug