MA/MSc Sielkunde (Tesis)

Die Departement Sielkunde bied ‘n M.A.- / M. Sc.-graad wat deur middel van ‘n navorsingstesis behaal kan word. Studente wat hierdie opsie kies doen geen voltydse kursuswerk nie, maar werk saam met ‘n supervisor aan ‘n navorsingsprojek. Gedurende hierdie program ontvang die student studieleiding in navorsingsontwerp, data-insameling, data-analise, verslagskrywing en die voorbereiding van manuskripte vir publikasie. Die graad word toegeken na suksesvolle voltooing en inlewering van ‘n tesis.

Studente kwalifiseer vir toelating tot die tesis-M indien hulle ‘n gemiddelde punt van minstens 65% behaal het in die Honneursjaar. Na toelating word daar van studente verwag om die tesis binne die bestek van twee jaar te voltooi. Suksesvolle kandidate kan voortgaan met ‘n doktorsgraad, of kry werk by navorsingsinstansies, universiteite, nie-regeringsorganisasies, privaatmaatskappye of regeringsinstansies.

Vir verdere inligting oor die tesis-M, kontak asseblief die programkoördineerder, , by 021-8083442

Terug