Jacob du Plessis doseer ontwikkelingsteorie, gemeenskapsontwikkeling en algemene of inleidende sosiologie vir eerstejaarstudente. Navorsingsbelangstellings sluit in die sosiologie van onderrig gekoppel aan die “HEQC teaching large classes project” in samewerking met die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) van die US; Gemeenskap Ekonomiese Ontwikkeling (GEO) en bate-gebaseerde gemeenskapsontwikkelingstrategieë in die konteks van wynplase in die Wes-Kaap in samewerking met die Pebbles Project, ‘n nie-winsgewende organisasie met hul hoofkantoor in Somersetwes. Hy is ook die akademiese direkteur van die “Northwestern University (Chicago) Public Health Programme in South Africa” en stel belang in die sosiologie van gesondheid en onderwerpe wat verband hou met MIV/VIGS, TB, FAS en openbare gesondheidsorg. Binne die breër universiteitskonteks, streef hy daarna om die ‘n bydra te lewer tot die institusionaliseringsproses van Gemeenskapsinteraksie. Hy doseer diensleermodules in gemeenskapsontwikkelingsteorie in die Departement van Sosiologie en Sosiale Antropologie en ook in die “IPSU Certificate Programme in Community Engagement in South Africa”, ‘n gesamentlike program van die Internasionale Kantoor en die Afdeling Gemeenskapsinteraksie aan die US.