Bernard Dubbeld doseer kritiese sosiale teorie, gender en arbeidstudie. Sy vorige navorsing het gehandel oor die gevolge van tegnologiese veranderinge van die arbeid van hawewerkers in Durban, veral met betrekking tot kwessies van politiek en identiteit. Hy is tans ? PhD-kandidaat aan die Universiteit van Chicago en sy navorsing behels die struktuur en uitdrukking van aspirasies in post-proletariese KwaZulu-Natal. Hy stel ook besonder belang in ideologie, wat hy verstaan as innig verweefd binne alle vorme van sosiale praktyk, die manier waarop ‘verskillendheid' en ‘enersheid' voorgebring word, en die manier waarop die geskiedenis en eietydse bestaan plaaslik tot uitdrukking kom. Binne die department streef hy daarna om begripsmatig sterk kwalitatiewe navorsing onder studente te ontwikkel en aan te moedig.