Joachim Ewert doseer Sosiologie van Ontwikkeling, Sosiologie van Werk en Ekonomiese Innovasie en Nywerheids- en Ontwikkelingsstrategie. Sy navorsingsbelangstellings sluit die volgende in: Transformasie van die Suid-Afrikaanse wynbedryf, Arbeid en menslike ontwikkeling in die SA wynbedryf, Wynboere en die sosiale prosesse van besluitneming, Wynkelders en strategieë van verandering, Wynmarkte en die bemarking van wyn; Wes-Kaapse tuinbou en internasionale waardekettings vir wyn en vrugte.