Johann Mouton is vir die afgelope 30 jaar betrokke by navorsing en onderrig op die gebied van sosiaal-wetenskaplike navorsingsmetodes. Hy is die outeur van sewe boeke op die terrein van navorsingmetodologie insluitend Understanding social research (1996), The practice of social research (2002, met E Babbie) en How to succeed in your Masters and doctoral studies (2001). Hy is professor in die departement Sosiologie en Sosiale Antropologie en programdirekteur van die Meesters en Doktorale programme in Sosiaalwetenskaplike Metodes en die Nagraadse Diploma in Moniterings-, en Evaluasiemetodes by die Universiteit van Stellenbosch. Hy is op die redaksionele rade van vyf internasionale tydskrifte insluitend die International Journal of Research Methodology, Science and Public Policy en Minerva. Hy het reeds meer as 40 joernaalartikels gepubliseer, meer as 50 navorsings- en evaluasieverslae voltooi en meer as 100 voordragte by plaaslike en internasionale konferensies gelewer. Hy tree dikwels op by universiteite en dien as tegniese adviseer vir verskeie organisasies op die gebied van monitering en evaluasie en op die terrein van navorsingsmetodologie in die algemeen .