Heidi Prozesky doseer sosiale navorsingsmetodes en wetenskapsosiologie op derdejaarsvlak. Sy het haar DPhil (Sosiologie) in 2006 verwerf, met die tema “Genderverskille in die publikasieproduktiwiteit van Suid-Afrikaanse wetenskaplikes” – 'n navorsingsbelangstelling wat saamval met haar betrokkenheid by projekte oor vroue in die wetenskap onderneem deur die Sentrum vir Navorsing oor Wetenskap en Tegnologie. Sy ondersoek tans genderverskille in sitaatkoerse, terwyl sy ‘n aantal nagraadse studente in die veld van wetenskap- en tegnologiestudies van studieleiding voorsien. In haar kapasiteit as lid van die kernnavorsingspan van die DWT-NNS Sentrum vir Uitnemendheid in Indringerbiologie onderneem sy ook navorsing en nagraadse supervisie oor sosiale persepsies van 'n verskeidenheid indringerspesies, en oor die mate waarin vakliteratuur oor indringerspesies deur omgewingsbestuurders geïmplementeer word.