Jan Vorster doseer in sosiale navorsingsmetodes en armoedekwessies. Hy het navorsingsprojekte voltooi oor die arbeidsopset van plaaswerkers en armoedeverligtingstrategieë, insluitende werk oor sosiale sekerheid en pensioenhervorming. Jan het verskeie studies oor sosiaal-ekonomiese omstandighede in landelike gebiede in die Weskaap onderneem ten einde gemeenskappe behulpsaam te wees in die bereiking van ontwikkelingsdoelwitte. Hy neem gereeld deel aan programme vir die bevordering van navorsingskapasiteit veral onder staatsamptenare en personeel van nie-regeringsorganisasies. Jan is tans betrokke by navorsing oor die impak van maatskaplike ondersteuningstoelaes en staatsbehuising.