Cherryl Walker het omvattende navorsings- sowel as toegepaste ervaring in die velde van landelike ontwikkeling, grondhervorming en gender studies, wat oor die akademiese, regerings- en NRO-sektore strek. Sy stel belang in die raakpunt tussen kwessies rondom grondeise, landskap, geheue en identiteit; sy het ook onlangs in die veld van omgewingsosiologie begin doseer en skryf. Haar jongste boek is Landmarked; Land Claims and Land Restitution in South Africa (Jacana Media, 2008 and Ohio University Press, 2009). Sy is ‘n lid van die Internasionale Adviesraad van die Journal of Peasant Studies en dien ook op die Redaksionele Raad van die vaktydskrif Social Dynamics. Vanaf 1995 tot 2000 het sy as Streeksgrondeisekommissaris vir die provinsie van KwaZulu-Natal gedien.

Kort CV (sal opgelaai word)