Konf Logo
Surf in English

Stellenbosch



Theology logo
tuisprgramregistrasiekontak
Registrasie

Die registrasiefooi vir die konferensie beloop R250 [R50 per dag en R100 vir die konferensiedinee].  Konferensiefooie is betaalbaar op die eerste dag van registrasie. Ingesluit by die fooie is konferensiemateriaal, tee/koffie/verversings, die verwelkomingsfunksie en konferensiedinee. Middagetes is nie ingesluit nie - daar is egter verskeie restaurante binne loopafstand van die fakulteit. Die konferensie word gedeeltelik geborg deur die Hoop Projek van die Universiteit Stellenbosch.

Dit is noodsaaklik om u plek by die konferensie te bespreek. Voltooi asseblief die registrasievorm en stuur terug aan hvdwest@sun.ac.za voor 30 April 2012 om in aanmerking te kom vir ‘n spesiale afslagtarief van R200. 

Akkommodasie

Konferensiegangers is self verantwoordelik vir akkommodasiereëlings. Kliek hier vir ‘n lys van gastehuise binne loopafstand van die fakulteit.