|
|
Kwalifikasies
BA (1978); BTh (1979); Lisensiaat in Teologie (1981); MTh (cum laude)(1984);
DTh (1994), almal aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
Agtergrond
Hayman Russel Botman is gebore in Bloemfontein op 18 Oktober 1953 tot
Ds Karel en Mev Mavis Botman. Na afloop van matrikulasie aan Klipstad
Hoër in Johannesburg het hy sy tersiêre opleiding voortgesit
aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) soos vereis deur Apartheid-wetgewing.
Hy verwerf al sy kwalifikasies aan UWK: B A in 1978, B Th in 1979, die
Lisensiaat (Teologie) in 1981, M Th (cum laude) in 1984 en die Doktoraat
in Teologie in 1994.
Hy is beroep as predikant van die Nederduits Gereformeerde Sendingkerk
in Wynberg van 1982 tot 1993. In 1994 is hy aangestel aan die Universiteit
van Wes-Kaapland as senior dosent in Praktiese Teologie. Hy het die Universiteit
van Wes-Kaapland gedien as voorsitter van die Departement Christendom
en Samelewing en as dekaan van die Fakulteit van Godsdiens en Teologie.
Die akademiese liggaam aan die Universiteit van Wes-Kaapland het hom nomineer
vir die nuwe posisie as transformasie beampte van die universiteit in
die kantoor van die rektor. Hy was ad hominem bevorder tot mede professor
van Christendom en Samelewing aan die Universiteit van Wes-Kaapland in
1999.
Op 1 Januarie 2000 word hy aangestel as professor in Missiologie aan Stellenbosch
Universiteit se Fakulteit van Teologie. Hy het gedien as Voorsitter van
die Department Missiologie, afwisselende dekaan van die Fakulteit van
Teologie en as prinsipaal van die Teologiese Skool van die Verenigende
Gereformeerde Kerk in Suider Afrika en Stellenbosch Universiteit. In Julie
2002 is hy verkies tot vise-rektor (onderrig) aan die Universiteit van
Stellenbosch en as rektor in 2007.
Sy navorsingsfokus is op publieke teologie, die ekumene en ekonomiese
globalisering. In 1997 het hy die toekenning ontvang as inwonende geleerde
aan die Centre of Theological Inquiry (Sentrum vir Teologiese Ondersoek)
in Princeton, Verenigde State van Amerika asook die toekenning van Campbell
Geleerde aan Columbia Teologiese Kweekskool in Atlanta Verenigde State
van Amerika, in 2000. Hy het ook gedien as ‘n navorsingskonsultant
vir die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke vir die periode 2001
- 2004.
Prof Botman is ‘n lid van ‘n aantal nasionale en internasionale
akademiese liggame. Hy het gedien as voorsitter en is steeds lid van die
Teologiese Gemeenskap van Suid-Afrika. Hy is ook lid van die redaksionele
raad van die Tydskrif van Teologie vir Suider Afrika en die tydskrif Praktiese
Teologie in Suid-Afrika. Sy onderrig en navorsing word ingelig deur sy
betrokkenheid in die konteks van Suider Afrika. Hy het gedien as moderator
van die Suider Afrika Bond van Gereformeerde Kerke van 1990 tot 1998.
Hy was ‘n kandidaat vir die Tutu Leierskap Toekennings van die Desmond
Tutu Opvoedingstrust in 2001. Hy het die Beyers Naudé Sentrum vir
Publieke Teologie aan Stellenbosch Universiteit in Maart 2002 gestig en
hy dien steeds die sentrum as hoof adviseur.
In Augustus 2001 is hy gekies as senior vise-president van die Suid-Afrikaanse
Raad van Kerke (SARK) vir ‘n termyn van drie jaar. Hy is in Augustus
2003 bevorder tot die posisie van president van die Suid-Afrikaanse Raad
van Kerke en is herverkies as president in Augustus 2004.
Hy is aangestel as direkteur van NB Uitgewers (Edms) Bpk in Maart 2004
en as direkteur van Media 24 in April 2005.
bo
|