BEURSE
Vir verdere inligting oor beurse en leunings, kontak die fakulteitsdbestuurder Liena Hoffman.
Laai af Beurse en Lenings Jaarboek af (PDF, 624kb)
Beurslenings van die NGK Kuratorium
Kontak asseblief vir Mev. Estelle van der Merwe, Kamer 1013, tel: +27 21 887 6819 / 6828
Studielenings |
Die NGK Kuratorium het 'n Beursfonds waaruit teologiese studente gehelp word wat vir die predikante-bediening geroep is. Die toekennings word gemaak as lenings, maar wanneer die student sy/haar opleiding voltooi en in 'n gemeente bevestig word, word die helfte van die bedrag as 'n beurs gereken. Gedurende die studiejare word geen rente gehef nie, maar wel daarna. |
Reisbeurse |
Toegeken aan studente wat verder as 500 km vanaf Stellenbosch woon @ R1.50 vir elke kilometer wat hulle vanaf Stellenbosch woon, tot 'n maksimum van R2 500. |
Merietebeurse |
Toegeken aan studente met 'n akademiese jaarpunt bokant 70%. Beurse word ook toegeken aan presteerders in die jaarlikse Bybelkenniseksamen. |
Noodfonds |
Word aangewend vir baie behoeftige studente wat in die loop van die jaar 'n finansiële krisis het.
|
Nagraadse studente |
Toekennings word ook aan nagraadse studente gemaak:
‘n Eenmalige toekenning word gemaak aan proponente wat direk ná legitimasie verder studeer.
‘n Eenmalige toekenning by die voltooiing van studie (R1 500 vir MTh en R2 000 vir DTh). |
bo
Beurslenings van die VGK Kuratorium
Die VGK het ook 'n Beursfonds waaruit studente gehelp word.
bo
Beurse en Finansiële Steun deur die Fakulteit
Die Fakulteit het 'n beperkte beurs-begroting wat bestaan uit individuele beurse met spesiale voorwaardes en 'n algemene beursfonds. Studente moet eers die Universiteit se algemene Voorgraadse of Nagraadse beurskantoor nader vir hulp.
Die beursfondse beskikbaar in die Fakulteit is:
Kim Beursfonds
Dié beursfonds word geborg deur 'n alumnis Dr Kim.
- Sluitingsdatum: einde Februarie.
- Kriteria: Voltydse studente (voor- of nagraads). Voorkeur word gegee aan studente van vooraf benadeelde gemeenskappe en VGKSA-studente.
- Aansoekvorms by Ontvangs.
Algemene Beursfonds
- Daar is ‘n beperkte fonds vir finansiële steun vir studente in groot nood.
-
Sluitingsdatum: heeljaar.
- Aansoekvorms by Ontvangs.
OSP Beursfonds
Die Oorkoepelende Strategiese Plan (OSP) projek van die Fakulteit is die bevordering van menswaardigheid.
Kriteria: Nagraadse studente wat navorsing doen oor die bevordering van menswaardigheid kan met hul promotors in hierdie verband skakel.
bo
Voorgraadse Beurse
Beyleveld (Babs Beyleveld)
Besonderhede: Teologie. Beurse aan voorgraadse studente op grond van verdienstelikheid en behoef-tigheid.
Waarde: Wisselend
Aansoeke: Registrateur (Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings)
Sluitingsdatum: 31 Oktober van die voorafgaande studiejaar
Havenga (Lukas Havenga)
Besonderhede: Teologie. Een beurs aan ’n verdienstelike en behoeftige eerstejaarstudent vir die duur van die studieprogram.
Waarde: Wisselend (ongeveer R1 000)
Aansoeke: Registrateur (Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings)
Sluitingsdatum: 31 Oktober van die voorafgaande studiejaar
Hopefieldse en Kuilsrivierse gemeentes
Besonderhede: Beurse vir teologiese studie soos goedgekeur deur die NG Kerk is jaarliks beskikbaar vir kinders van behoeftige gesinne woonagtig in Kuilsrivier of op
Hopefield
Waarde: Wisselend
Aansoeke: Die Saakgelastigde, Posbus 107, KUILSRIVIER 7579, of
Die Saakgelastigde, Posbus 27, HOPEFIELD 7355
Sluitingsdatum: 30 September
Linde (EM Linde)
Besonderhede: Teologie. Beurse is beskikbaar aan behoeftige en verdienstelike studente wat lidmate is van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
Waarde: Wisselend
Aansoeke: Registrateur (Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings)
Sluitingsdatum: 31 Oktober van die voorafgaande studiejaar
NG Kerk
Besonderhede: Besrstoekennings wat deur NG gemeentes, die Helpmekaar, of die Kweekskool aan Teologie-studente toegeken word, kan deur die Universiteit met ’n gelykwaardige bedrag tot ’n maksimum van R600 aangevul word. Voorkeur sal verleen word aan beurs-toekennings wat deur NG gemeentes gemaak word. Die Universiteit gee jaarliks ’n maksimum van R700 afgesien van die aantal instansies wat bydra en die bedrae wat elkeen skenk. Die Skriba van die betrokke NG gemeente of die sekretaris in die geval van ander bogemelde instansies, moet hulle beurstoekennings aan die Teologiese Kweekskool(Kuratorium) oorbetaal. Beurshouers moet jaarliks heraansoek doen om voortsetting. Kerkrade en die ander betrokke instansies moet die besluite t.o.v. hulle toekennings aan Teologie-studente nie later nie as die einde van Februarie van elke jaar aan die Teologiese Kweekskool (Kuratorium) oordra. Latere toekennings deur kerkrade hou die gevaar in dat die Universiteit se beskikbare fondse vir hierdie R-vir-R-beurse uitgeput sal wees.
Waarde: R600 maksimum
Aansoeke: Die Kweekskool (Kuratorium), Dorpstraat 171, STELLENBOSCH 7600
Sluitingsdatum: Einde van Februarie
Sieberhagen (Dr en Mev N Sieberhagen)
Besonderhede: BTh. Beurse aan verdienstelike en behoeftige eerstejaarstudente vir die duur van die studieprogram.
Waarde: R1 000
Aansoeke: Registrateur (Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings)
Sluitingsdatum: 31 Oktober van die voorafgaande studiejaar
Viljoen (Johanna Viljoen)
Besonderhede: BTh. Beurse aan verdienstelike en behoeftige eerstejaarstudente vir die duur van die studieprogram.
Waarde: R1 000
Aansoeke: Registrateur (Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings)
Sluitingsdatum: 31 Oktober van die voorafgaande studiejaarstudente en die uitslag van beursaansoeke sal eers in April bekend gemaak word.)
Waarde: Wisselend
Aansoeke: Registrateur (Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings)
Sluitingsdatum: 31 Oktober van die voorafgaande studiejaar
Vorster (Aletta Vorster)
Besonderhede: BTh. Een of twee beurse aan verdienstelike en behoeftige studente vir die duur van die studieprogram - derhalwe nie elke jaar beskikbaar nie.
Waarde: Wisselend
Aansoeke: Registrateur (Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings)
Sluitingsdatum: 31 Oktober van die voorafgaande studiejaar
bo
Voorgraadse en Nagraadse Beurse
Grundlingh (Magdalena Grundlingh Trust)
Besonderhede: Teologie (tot legitimasie). Rente op ongeveer R160 000 aan studente in die Teologie uit die NG gemeente Oudtshoorn-Wes. Enige surplusfondse moet periodiek by die kapitaal gevoeg word. Die beslissing van die trustee ten opsigte van enige student oor welke tydperk ook al sal finaal en bindend wees.
Waarde: Wisselend
Aansoeke: Sanlam Trust, Posbus 1260, SANLAMHOF 7532
Sluitingsdatum: 15 September
Hofmeyr en De Vos
Besonderhede: Maatskaplike Werk en Teologie. Losiesbeurse aan behoeftige studente. Beurshouers moet jaarliks heraansoek doen om voortsetting.
Waarde: R1 000
Aansoeke: Registrateur (Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings)
Sluitingsdatum: 31 Oktober van die voorafgaande studiejaar
Kweekskool (Teologiese Kweekskool)
Besonderhede: Beurse en lenings aan Teologie-studente (BTh en MDiv of Lisensiaat) wat hulle bekwaam vir die bediening in die NG Kerk.
Waarde: Ruim lenings wat wissel tussen R2 000 en R10 000 word jaarliks aangebied. Die helfte van ’n lening word by bevestiging in ’n gemeente as beurs afgeskryf.
Aansoeke: Dr MP Sahd, Predikant: Teologiese Opleiding, Teologiese Kweekskool, Dorpstraat 171, STELLENBOSCH 7600
Sluitingsdatum: Spoedig ná die opening van die akademiese jaar
Malan (FS en RE Malan)
Besonderhede: Aan ’n Malanstudent in die Teologie.
Waarde: Wisselend
Aansoeke: Registrateur (Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings)
Sluitingsdatum: 31 Oktober van die voorafgaande studiejaar
Nyboer (Wilhelmina du Toit Nyboer)
Besonderhede: Teologie. Behoeftige studente wat begerig is om opgelei te word as sendelinge of predikante.
Waarde: Wisselend
Aansoeke: Registrateur (Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings)
Sluitingsdatum: 31 Oktober van die voorafgaande studiejaar
Thom (HB en MJ Thom)
Besonderhede: Teologie. Beurse en/of lenings aan studente in die Fakulteit Teologie.
Waarde: Wisselend
Aansoeke: Die Dekaan, Fakulteit Teologie.
Sluitingsdatum: 30 November
Visser (Die Sarel en Gertie Visser-trustfonds)
Besonderhede: Beurse beskikbaar aan studente in die Teologie.
Waarde: Wisselend
Aansoeke: Registrateur (Hoof: Voorgraadse Beurse en Lenings)
Sluitingsdatum: 31 Oktober van die voorafgaande studiejaar
bo
Nagraadse Beurse
DEODAR
Besonderhede: Teologie. Beurse beskikbaar aan MTh-studente in Kliniese Pastoraat aan die Fakulteit Teologie. Slegs studente wat vir bogenoemde program gekeur is, mag aansoek doen.
Aansoeke: Hoof: Departement Praktiese Teologie en Missiologie, Prof HJ Hendriks; Prof DJ Louw, Pastorale Teologie; Me B Vaughan, tel.: 021 808 3577
Sluitingsdatum: 31 Maart van jaar van studie en opname van beurs. Laat aansoeke word gehanteer volgens die Universiteit se beleid in dié verband.
(Nasionale Navorsingstigting) (Nagraads)
Besonderhede: Alle studierigtings. Beurse vir voltydse honneurs-, magister- en doktorale studie.
Vrystaande beurse is slegs beskikbaar aan Suid-Afrikaanse burgers. Magisterbeurse is beskikbaar slegs indien die tesiskomponent 50% van die totale krediete van ’n program vorm. Volledige besonderhede, ook oor toekenninghouerbeurse en beurse aan studente met gestremdhede, is by die Afdeling Nagraadse Beurse beskikbaar.
Waarde: Wisselend. Vrystaande beurse: honneurs vanaf R15 000, magister vanaf R33000 en doktoraal vanaf R55000
Aansoeke: Navrae by die Senior Direkteur: Navorsing, US, NNS se tuisblad. Elektroniese (aanlyn) aansoeke vir vrystaande beurse op magister- en doktorale vlak: http://nrfonline.nrf.za
Sluitingsdatum: 31 Julie 2009 (Magister en Doktoraal) en 27 Februarie 2010 (Honneurs)
N Punt (Dr Willem Punt)
Besonderhede: Alle studierigtings. Beurse vir voltydse honneurs-, magister- en doktorale studie.
Vrystaande beurse is slegs beskikbaar aan Suid-Afrikaanse burgers. Magisterbeurse is beskikbaar slegs indien die tesiskomponent 50% van die totale krediete van ’n program vorm. Volledige besonderhede, ook oor toekenninghouerbeurse en beurse aan studente met gestremdhede, is by die Afdeling Nagraadse Beurse beskikbaar.
Waarde: Wisselend. Vrystaande beurse: honneurs vanaf R15 000, magister vanaf R33 000 en doktoraal vanaf R55000

bo |