Home

Teologiegebou

WELKOM

Die Fakulteit Teologie wil as integrale deel van die Universiteit Stellenbosch en met besondere inagneming van ons Afrika-konteks, asook die belange van verskillende Christelike geloofstradisies, teologie beoefen wat diens lewer aan die kerk, die samelewing en die wetenskap.


NUUS

  • ALGEMEEN
  • KONFERENSIES
  • AKADEMIES
  • NETWERKE

Bekende Protestantse pastoraatkenner praat by US Teologie

Prof Ruard Ganzevoort van die Vrije Universiteit in Amsterdam, Nederland, besoek die Fakulteit Teologie van Stellenbosch Universiteit vir 'n reeks van drie lesings:

Dinsdag 16 Augustus, 09h00 tot 11h00
Dealing with diversity. Culture, gender and sex (Lokaal 1006)
Woensdag 17 Augustus, 09h00 tot 11h00
Pastoral care and sexuality (Hofmeyr-saal)
Donderdag 18 Augustus, 08h30 tot 11h00
Domestic and sexual violence in the family (Dosente-raadsaal)

Die lesings vind plaas in Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171. Toegang is gratis, almal welkom!

Kontak Christo Thesnaar by tel 021 808 3257 of epos cht@sun.ac.zavir meer inligting.


Die betekenis van Belhar vir die kerk in België en Europa

Die United Protestant Church of Belgium was die eerste kerk buiten die VGKSA wat die Belydenis van Belhar aanvaar het. ‘n Groep van dié kerk wat Dr Egbert Rooze en Ds Marc Loos insluit, besoek die Fakulteit Teologie by Stellenbosch Universiteit om te gesels oor die belang van Belhar en die aanvaarding van Belhar vir die UPCB en wyer.

Datum: Vrydag 19 Augustus
Tyd: 9:00 – 10:00
Lokaal: Kamer 1002, Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch

Navraag: Marieke Brand, tel 021 808-2142, epos mariekeb@sun.ac.za

 

Conference on Law and Religion in SA

You are hereby invited to a conference on Law and Religion in South Africa which will take place at the Faculty of Theology of the University of Stellenbosch from 20-23 September 2011, as well as the annual general meeting of the South African Council for the Promotion and Protection of Religious Rights and Freedoms

All the events will take place in the Faculty of Theology, Dorpstreet 171, Stellenbosch

For more information contact Prof Pieter Coertzen, +27 21 808 3576 (w) or pc@sun.ac.za.

Oggendseminaar ter ere van Dirkie Smit

Prof Dirkie Smit word op 22 Oktober 2011 sestig jaar oud! Ter viering van hierdie spesiale geleentheid hou die US Fakulteit Teologie ’n oggendseminaar op Vrydag 21 Oktober. Dit vind plaas in die Attie van Wijk Ouditorium, Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171 om 09:00 tot 12:30.

Sprekers sal op aspekte van Prof Smit se werk fokus. Almal is welkom; bevestig asseblief u teenwoordigheid voor 14 Oktober by Helette: hvdwest@sun.ac.za of 021 808 3250.

Besoek Sol Iustitiae

Sol Iustitiae is ’n blog-gebaseerde webwerf met kwaliteitartikels deur teoloë, teologiestudente en ander teologies geïnteresseerdes. Die hooffokus van Sol Iustitiae is die bevordering van menswaardigheid.

nog ...

 


WIE ONS IS

  • Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch is 'n ekumeniese fakulteit wat voorsiening wil maak vir die huisvesting en beoefening van die Christelike teologie van verskillende konfessionele oortuigings en kerklike tradisies.

  • Ten einde sy ekumeniese karakter waar te maak, maak die Fakulteit [US] dit moontlik dat daar huise vir verskillende konfessionele oortuigings en kerklike tradisies binne die ruimte van die Fakulteit tot stand kan kom. nog..


GESKIEDENIS

Jan van Riebeeck het op 6 April 1652 aan die Kaap geland en 'n Nederlandse kolonie gestig in die naam van die Verenigde Oos-Indiese Companjie.

Op 8 November 1679 het die Nederlandse Goewerneur, Simon van der Stel, na die binneland gereis en een aand gekampeer op 'n klein eilandjie, omring deur helder strome en pragtige bome - die terrein van die huidige Fakulteit Teologie. Hy het die rivier "Eersterivier" genoem en die area "Stellenbosch".

In 1685 het die Kommissaris Baron van Rheede, die Stellenbosch "kolonie" besoek en opdrag gegee dat 'n drostdy ('n magistraathof en -woning) opgerig moet word op die eiland Stellenbosch en dat 'n dorp uitgelê moet word. Op 22 Oktober 1686 is die eerste baksteen van die eerste gebou hier gelê, 'n gebou wat in April 1687 voltooi is. Dit was magistraathof asook tuiste van die eerste magistraat, Johannes Mulder. Die 1710 skets van ene Van Staden toon 'n U- of T-vormige gebou wat klaarblyklik nogal groot was aangesien Van der Stel en sy reisgeselskap dikwels daar tuis gegaan het. nog ...

ENGLISH

SKAKELS

Universiteit Stellenbosch
Kontak Ons

Suid-Afrikaanse Handves van Godsdiensregte en -vryhede

Sol Iustitiae

Sol Iustitiae is ’n blog-gebaseerde webwerf met kwaliteitartikels deur teoloë, teologiestudente en ander teologies geïnteresseerdes. Die hooffokus van Sol Iustitiae is die bevordering van menswaardigheid.

Nuut op Sol Iustitiae

AFLAAIBARE DOKUMENTE

Fakulteit Taalbeleid

Taalbeleid van die Fakulteit Teologie, US (.doc, 42kb)
Taalbeleid en Fakulteit Teologie-Taalplan (.doc, 92kb )

 

Public Theology and the Economy in a Globalizing World by Heinrich Bedford-Strohm

aflaai (PDF, 145kb)

Stellenbosch University

Deur The Digital Vineyard Ontwerp | Kontak Ons | © Teologie Stellenbosch 2010