NUUS
19-05-2011
Boekbekendstelling:
“Die Kritiese Stem” teen apartheidsteologie in die
NG Kerk
“Die Kritiese Stem” teen apartheidsteologie in die
NG Kerk
Outeur: Murray Coetzee
Daar was twee teologiese strominge in die Nederduitse
Gereformeerde Kerk, naamlik apartheidsteologie (soos
dit uiteindelik neerslag gevind het in Ras, volk en
nasie en volkereverhoudinge in die lig van die Skrif
(RVN) (1974) in die tydperk van 1905 -1974, en die
sogenaamde “kritiese stem” in die Ned Geref Kerk soos
verteenwoordig, onder andere, in die lewe en werk
van Ben J Marais en CF Beyers Naudé in die tydperk
tot en met 1994. In hierdie boek word die kritiek
teen apartheidsteologie in die bydraes van Ben Marais
en Beyers Naudé beskryf en ondersoek. Die vraag wat
hier aan die orde gestel word, is hoe hierdie twee
figure die verskille tussen hulle eie posisie en dié
van apartheidsteologie in die Ned Geref Kerk bewustelik,
maar ook niebewustelik verstaan het.
Hierdie boek van 702 bladsye word as e-boek versprei
deur Bybel-Media teen R143.95 per kopie.
Datum: Woensdag 25 Mei 2011
Tyd: 13:00 – 14:00 Plek: Kapel, Fakulteit Teologie,
Universiteit Stellenbosch Dorpstraat 171
RSVP: Helette - hvdwest@sun.ac.za
bo

Geen nuus
bo

28-05-2011
Lesing: NT Wright and the Reformed Tradition
Uitnodiging na lesing met as tema NT Wright and the
Reformed Tradition
Op Woensdag 25 Mei gee Jonathan Huggins van Berry
College in die VSA ‘n lesing oor die tema N.T. Wright
on Justification: Faithfully Embodying the Reformed
Tradition of Semper Reformanda?
Ons ontmoet in die Hofmeyrsaal by die fakulteit vanaf
14h00-15h15. Na die lesing sal daar tyd vir bespreking
wees.
RSVP vir Robert Vosloo (rrvosloo@sun.ac.za)
indien u die lesing wil bywoon. Ligte verversings
sal bedien word.
bo

Besoek Sol Iustitiae
Sol Iustitiae
is ’n blog-gebaseerde webwerf met kwaliteitartikels
deur teoloë, teologiestudente en ander teologies geïnteresseerdes.
Die hooffokus van Sol Iustitiae is die bevordering
van menswaardigheid.
bo |