|
|
Tel: +27 +21 808 3262 (W)
Fax: +27+21 808 3251 |
|
Kwalifikasies
BA (1984); BTh (1985); BThHons (1987); MTh (1993); DTh (2001),
almal by UWK.
Visie/missie/passie
Dis vir Prof Koopman 'n fees om betrokke te wees by die Teologie, wat as
wetenskaplike nadenke oor die Christelike geloofsinhoude in diens staan
van die kerk, die samelewing en, ten diepste, van God en sy koninkryk.
Agtergrond
Hy was vir vier jaar predikant in die Verenigende Gereformeerde Kerk in
Atlantis, vir vier jaar studenteleraar aan die Universiteit van Wes-Kaapland,
en vir ses jaar dosent en later viserektor aan die Hugenote Kollege, Wellington.
Hy doseer tans modules in Etiek en Dogmatiek.
Huidige navorsing en navorsingsprojekte
- Prof Koopman werk tans aan boeke oor die morele vorming in gemeentes
en die samelewing, morele besluitneming en prediking. Hy het reeds navorsingsartikels
geskryf oor sake soos nywerheidsbediening, kerkeenheid, prediking, rassisme,
kerk- en staatverhoudinge en die rol van die Heilige Gees in etiek.
Hy skryf tans artikels oor sake soos die etiek in postapartheid Suid-Afrika
en die aard van die Gereformeerde etiek.
- Teologiese antropologie en publieke moraliteit.
- Publieke teologie in 'n konteks van demokratisering.
Onderrig verantwoordelikhede
- Publieke Teologie
- Politieke Etiek
- Ekonomiese en Ekologiese Etiek
- Morele Ontwikkeling
- Waarde Etiek
- Antropologie en Wêreldbeeld
- Christologie, Soteriologie, Hamartologie
Kursusse
- ST 142 - Christelike Antropologie en Lewenswaardes
- ST 334 - Seksualiteit en Lewe;
- ST 354 - Ekonomiese Etiek en Apologetiek
- 55735-888 - Kerklike bediening en Christelike Leierskap (3. Kerk in
die samelewing)
- Nagraadse programme.
Lidmaatskap van:
- Society for Christian Ethics (SCE) (USA)
- Theological Society of Southern Africa (TSSA)
- Society of Practical Theology in South Africa
|