
NEWS

19-05-2011
Boekbekendstelling:
“Die Kritiese Stem” teen apartheidsteologie in die NG Kerk
“Die Kritiese Stem” teen apartheidsteologie in die NG Kerk
Outeur: Murray Coetzee
Daar was twee teologiese strominge in die Nederduitse Gereformeerde
Kerk, naamlik apartheidsteologie (soos dit uiteindelik neerslag
gevind het in Ras, volk en nasie en volkereverhoudinge in
die lig van die Skrif (RVN) (1974) in die tydperk van 1905
-1974, en die sogenaamde “kritiese stem” in die Ned Geref
Kerk soos verteenwoordig, onder andere, in die lewe en werk
van Ben J Marais en CF Beyers Naudé in die tydperk tot en
met 1994. In hierdie boek word die kritiek teen apartheidsteologie
in die bydraes van Ben Marais en Beyers Naudé beskryf en
ondersoek. Die vraag wat hier aan die orde gestel word,
is hoe hierdie twee figure die verskille tussen hulle eie
posisie en dié van apartheidsteologie in die Ned Geref Kerk
bewustelik, maar ook niebewustelik verstaan het.
Hierdie boek van 702 bladsye word as e-boek versprei deur
Bybel-Media teen R143.95 per kopie.
Datum: Woensdag 25 Mei 2011
Tyd: 13:00 – 14:00 Plek: Kapel, Fakulteit Teologie, Universiteit
Stellenbosch Dorpstraat 171
RSVP: Helette - hvdwest@sun.ac.za
top

No news at this time
top

28-05-2011
Lesing: NT Wright and the Reformed Tradition
Uitnodiging na lesing met as tema NT Wright and the
Reformed Tradition
Op Woensdag 25 Mei gee Jonathan Huggins van Berry
College in die VSA ‘n lesing oor die tema N.T. Wright
on Justification: Faithfully Embodying the Reformed
Tradition of Semper Reformanda?
Ons ontmoet in die Hofmeyrsaal by die fakulteit vanaf
14h00-15h15. Na die lesing sal daar tyd vir bespreking
wees.
RSVP vir Robert Vosloo (rrvosloo@sun.ac.za)
indien u die lesing wil bywoon. Ligte verversings
sal bedien word.

04-05-2011
Visit Sol Iustitiae
Sol Iustitiae
is a blog based site with quality articles written by theologians,
theology students and others interested in theology. The
main focus of Sol Iustitiae is the promotion of human dignity.
top
|