Die algemene doelstellings van die BA in Geesteswetenskappe is om studente toe te rus met daardie geesteswetenskaplike kennisinhoude en intellektuele vermoëns en vaardighede wat hulle nodig sal hê om in 地 professionele hoedanigheid 地 verskeidenheid probleme van die Suider-Afrikaanse werklikheid van die een-en-twintigste eeu te kan oplos of hanteer.
Die inhoud van die BA in Geesteswetenskappe word op drie agtereenvolgende jaarvlakke aangebied:
Besonderhede van die inhoude van standaardmodules en vakke, asook bepalings omtrent die volg van vakke word weergegee in die departementele modulelys soos uiteengesit in Afdeling 6 van die Jaarboek (raadpleeg inhoudsopgawe vir bladsynommer). Raadpleeg ook Uiteensetting van modules aan die einde van die programinskrywing, soos uiteengesit in die Jaarboek (deel 4), ten einde te bepaal watter modules gevolg moet word.
Baan 1 |
Baan 2 |
Baan 3 |
Baan 4 |
Afrikaans Algemene Taalwetenskap Antieke Kulture en Samelewings Applied English Language Studies Basiese Afrikaans Basiese Xhosa Duits English Studies Filosofie Frans Sielkunde Teaterwetenskap Xhosa |
Geografie en Omgewingstudie Inligtingkunde Politieke Filosofie Politieke Wetenskap Sielkunde Sosiologie |
Afrikaans en Nederlands Antieke Kulture en Samelewings Geskiedenis Kunsgeskiedenis Musiekkultuur |
314 Wetenskaplike Taalondersoek as Speurwerk 315 Die Estetika en Ideëgeskiedenis 324 Dimensies van Historiese Verstaan 344 Grondslae van die Literatuurwetenskap 354 Filosofie van die Menswetenskappe 364 Sosiologie en Etiek van Wetenskap |
Basisvlak (eerstejaar) (126 krediete) |
Op eerstejaarsvlak word 5 vakke (24 krediete elk) plus Inligtingsvaardighede 172 (6 krediete) gevolg.
Die vakkeuse word soos volg saamgestel: In twee van die bane genommer 1 tot 3 moet twee vakke per baan gevolg word. In die oorblywende baan word slegs een vak gevolg. Die baan waarin slegs een vak gevolg word, loop dood aan die einde van die eerste jaar. (Daar kan dus nie met die betrokke vak op tweedejaarsvlak voortgegaan word nie).
Intermediêre vlak (tweedejaar) (128 krediete) |
Op tweedejaarsvlak word 4 vakke (32 krediete elk) gevolg.
Tweedejaarstudie behels voortgesette studie van die twee bane waaruit elk twee vakke gekies is. Aan die einde van die tweede jaar loop een van hierdie twee bane dood. (Die student sal dus met twee vakke wat in een van die twee bane gevolg is voortgaan.)
Gevorderde vlak (derdejaar) (120 krediete) |
Op derdejaarsvlak word 2 vakke (48 krediete elk) plus 2 metamodules in baan 4 (12 krediete elk) gevolg. Derdejaarstudie behels voortgesette studie van twee vakke wat in een van die bane op tweedejaarsvlak gevolg is.